Dekadente vrugtekoek en Van Ryn’s se 20 jaaroud – ’n hemelse kombinasie!

'n Hemelse smaaksensasie!

Die Van Ryn’s-distilleerdery op die wal van die Eersterivier buite Stellenbosch bied, as 'n spesiale bederf, sy Van Ryn’s 20 Year Old Collectors Reserve saam met 'n rojale porsie heerlike vrugtekoek propvol droëvrugte, kersies en neute.

 

Hierdie brandewyn het onlangs by Veritas 'n dubbelgoud losgeslaan en is 'n vorige wenner van die toekenning Worldwide Best Brandy van die International Wine & Spirit Competition (IWSC).

 

Stacey Scott van die distilleerdery, wat sowat 35 minute se ry van Kaapstad is, het gesê hulle wou vir hierdie tyd van die jaar 'n heerlike peusel- en teugervaring skep.

 

“Die geure van die vrugtekoek vind 'n mens ook in dié van hierdie brandewyn, met sy gloeiende goue kleur en geure van droëvrugte soos pere, rosyntjies en pruimedante in die neus en soet eikehoutspeserye en neute op die tong. Die samevoeging van hierdie teksture en geure sorg vir 'n sensasionele smaakervaring!”

 

Besoekers kan teen R40 die vrugtekoek- en brandewynkombinasie bestel en dit geniet óf op die stoep wat oor die tuine uitkyk óf in die rustige stilte van die distilleerdery se onthaalgeriewe. Die aanbod geld tot 15 Januarie 2011.

 

Vir die ander proe- en toeropsies of om die geriewe en konferensiekamer te bespreek, skakel 021 881 3875 of besoek www.vanryn.co.za.

 

Einde