Proe sjokolade en wyn by Durbanville Hills

Gaan jaag jou smaakkliere op hol met sjokolade en wyn by Durbanville Hills.

Durbanville Hills bied ’n nuwe sjokolade- en wynproe waartydens twee van die wêreld se verleidelikste smake gekombineer word.

Sjokolade en wyn is natuurlike pasmaats en bied albei komplekse geure en aromas, soortgelyke komponente en nuanses, en hul individuele tannienstrukture kombineer moeiteloos om ’n nuwe dimensie aan die wyn te verleen.

Die proe sluit vyf van Durbanville Hills se wyne in wat met ’n verskeidenheid van dekadente sjokolades gekombineer word en word daagliks aangebied. Die koste is R50 per persoon. Groepe van agt of meer word aangeraai om vooraf te bespreek.

Vir meer inligting, kontak Laura Carswell by 021-558-1300 of stuur ’n e-pos aan lacarswell@durbanvillehills.co.za.

Einde