fotogalery

fotogalery

Geniet die gasvryheid, kos en wyn van Towerbosch

 

Die Towerbosch-aardskombuis op die Knorhoek-wynlandgoed buite Stellenbosch is een van daai kuierplekke waarvandaan jy net nie wil padgee nie. En dis nie net die heerlike kos en ewe heerlike Knorhoek-wyne wat jou wil laat wortel skiet nie, dis ook die ontspanne en byna huislike atmosfeer. Omring deur groen grasperke en lowergroen bome, en met sy eie rots-swembad, is dit ook ‘n ideale kuierplek vir gesinne. Hier geniet (in die gewone volgorde) Johan en Amelia Bitzer, dr. Sharon Crafford, en prof. Eli Bitzer en sy vrou, Marietjie, die kos, wyn en hele ervaring. O ja, mense gaan altyd terug Towerbosch toe as hulle eers een keer daar was! Dit spreek boekdele.

 

Einde