Proe biltong en wyn by Durbanville Hills

Proe twee van SA se gunstelinge by Durbanville Hills.

Wat sal Suid-Afrikaanse gasvryheid wees sonder biltong? Dit is sinoniem met vakansiedae, peuselhappies enige tyd van die dag, rugby, vleisbraai en die “opvoed” van buitelandse gaste oor die Suid-Afrikaanse kultuur.

 

Teen hierdie agtergrond het Durbanville Hills-wynmakery ’n nuwe biltong- en wynproe by sy bestaande aanbiedings gevoeg en daarmee twee van Suid-Afrika se bekendste spesialiteite bymekaar gebring.

 

Biltong was heel waarskynlik die heel eerste geriefskos in Suid-Afrika. Dit is deur vroeë setlaars aan die Kaap geskep wat stukke gesoute vleis in die son gedroog het vir maklike en vinnige kos tydens hul reistogte regoor die land. En net so uiteenlopend soos Suid-Afrikaanse wyn is, net so uiteenlopend is die verskillende soorte biltong en droëwors.

 

Durbanville Hills se rooi- en witwyne komplementeer die smaakprofiele van die verskillende soorte wilds- en beesbiltong, asook van droëwors.

 

Die proeë kos R60 per persoon en sluit in wyne van Durbanville Hills wat met ’n verskeidenheid van biltong en droëwors gepaar word.

 

Bespreking is noodsaaklik vir groepe van ses of meer. Vir meer inligting, kontak Laura Carswell by 021-558-1300 of stuur ’n e-pos aan lacarswell@durbanvillehills.co.za.

 

Einde