Uitkyk bied heerlike, nuwe smaaksensasies

'n Kat-en-muisspeletjie wag op jou smaakklere!

Die historiese Uitkyk-landgoed naby Stellenbosch bied nou twee opwindende nuwe smaakkombinasies.

 

Vir net R60 per persoon kan besoekers ’n “Kat-en-muis”-smaakkombinasie geniet. Dit behels verskeie heerlike soutpannekoeke wat met die landgoed se wyne gepaar word. Die naam van dié aanbieding kom van die plaaslike vertelling van ’n kat wat lank na die destydse  eienaars elders heen verhuis het, in Uitkyk se opstal agtergebly het. Die kat het as speelse element ook ’n plek op van die landgoed se etikette gevind.

 

Die kombinasies bestaan onder meer uit Flat Roof Manor Pinot Grigio saam met ’n geurige Thaise groenkerrie-pannekoek, Uitkyk Chardonnay met ’n stadig gebraaide pampoen-en-brie-pannekoek, Flat Roof Manor Merlot met ’n braaihoender-, camembert- en salie-pannekoek, Flat Roof Manor Shiraz  Mourvèdre Viognier met ’n gebraaide beesvleis-, jongspinasie- en bosbessie-pannekoek, en laastens, Uitkyk Cabernet Sauvignon Shiraz met ’n pannekoek gevul met gesoteerde uie, sampioene en Edam-kaas.

 

Mense met ’n soet tand sal dalk Uitkyk se bekroonde 10-jaar-oue potketelbrandewyn met ’n keur van puik Belgiese sjokolade en ’n sny watertand-vrugtekoek wil probeer (links). Die sjokolade is gemaak deur Huguenot Fine Chocolates van Franschhoek, en sluit ’n vanieljetruffel, sitrusmarsepein, brandewyntruffel en ’n praline-melktruffel in. Dié aanbieding kos R40 per persoon.

 

Die “Kat-en-muis”-kombinasies word net Woensdae en Vrydae aangebied. Bespreek minstens 24 uur vooruit. Minstens vier gaste is nodig om ’n bespreking vir hierdie aanbod te verseker.

 

Die brandewyn-, sjokolade- en vrugtekoek-aanbod is op alle dae beskikbaar en kan by aankoms bestel word.

 

Geniet hierdie aanbiedinge in ons proesentrum, op die opstal se stoep, of in die tuin.

 

Skakel Bianca Brand by (021) 884-4416 vir meer inligting of om te bespreek, of stuur ’n epos na bbrand@distell.co.za.

 

Einde