Middagete in Zagorje!

Middagete in Zagorje!

 

 

Op ons onlangse besoek aan Kroasië het ons die golwende landskap van Zagorje naby Zagreb besoek. Ons het die dorpie Kumrovec besoek waar Maarskalk Tito gebore is en is toe vort na ‘n plaaslike restaurant op ‘n heuwel met asemrowende uitsigte op onder meer die Veliki Tabor-kasteel. Hier het ons tradisionele kos en wyne uit die streek geniet. Tjorts!