Nederburg pronk in Vilakazi-straat

Nederburg pronk in Vilakazi-straat

Vilakazi-straat in Soweto was behoorlik in rooi getooi toe Nederburg-Wyne onlangs met vier restaurante in hierdie stadsdeel saamgespan het om ’n groep uitgenooide Jozi-aanhangers te bederf met ’n eksklusiewe kos-en wyn-ervaring. Nederburg het van sy topwyne by hierdie geleenthede ten toon gestel. Dit het wyne uit sy Heritage Heroes- en Ingenuity-reekse ingesluit wat gepaar is met plaaslike “Kasi”-disse. Hier pronk Zakhe Mvunyiswa, Shenaaz Smith en Ntabiseng Matseba saam met Nederburg se wynambassadeurs Lungi Mandla en Tumie Mosiea.