Zonnebloem pronk op dekoruitstalling

Zonnebloem pronk op dekoruitstalling

Zonnebloem-Wyne pronk in die LEON CCXIX 12 Rooms-dekoruitstalling in Kaapstad in ’n spesiale installasie wat geskep is deur die handelsmerk-medewerker Haldane Martin. Hier is die elegante opdientafel wat vir Zonnebloem ontwerp is, met ’n bottel rooi wyn en ’n kraffie daarop. Dit is kunstig ontwerp om glase te kan hou, asook ’n ysbak onder die tafelblad om wit wyn koud te hou. Bo dit is twee skilderye deur die Kaapstadse kunstenaar, Andrew Putter, wie se sosiale kommentaar ’n plaaslike herinterpretasie van die klassieke bied.