Heerlike samesyn om kos en wyn!

Heerlike samesyn om kos en wyn!

Tydens Nederburg se jaarlikse “Oes teen Sonsondergang”-makietie is daar heerlik om puik kos en puik wyn gekuier op die grasperk en onder die bome voor die bekende wynlandgoed se pragtige herehuis. Daar is begin met vonkelwyn, toe het tapas aan tafel gekom, toe is daar eers druiwe gepluk en getrap, en uiteindelik is die smaakkliere bederf met smullekker eetgoed uit The Red Table se kombuis. En alles is vergesel van Nederburg se lekker wyne. Hier verskyn in die gewone volgorde Adrian Reynolds, Jenni McNairn, Maureen Reynolds, Ian McNairn, Sharon Crafford en Johann Crafford. La dolce vita!