Nuwe ‘deluxe’ proe-ervaring gee ekstra sprankel aan Die Huis van J.C. Le Roux

'n Sensasionele smaaksensasie wag by Die Huis van JC le Roux.

Ervaar die weelderige smaak van heerlike, handgemaakte lekkernye bedien met uitsonderlike sjampanje by Die Huis van J.C. Le Roux waar ’n splinternuwe proe-ervaring pas bekend gestel is.

Dié sprankelende toevoeging is beskikbaar by die proekamer en sal beslis gou ‘n gunsteling word by besoekers wat op soek is na ‘n spesiale proesensasie in die Stellenbosse wynlande.

Verleidelike soet en sout geure vervat in ‘n sjokolade- brosbeskuitjie met fudge smelt soomloos saam met die romerige karakter van J.C. Le Roux Pinot Noir, en die subtiele blomgeure van die blosende Pinot Noir Rosé is op sy beurt ‘n perfekte pasmaat vir ‘n botterskorsie-meringue.

‘n Mojito-meringue, wat pronk met lemmetjie- en mentgeure, beklemtoon die ligte, kraakvars karakter van J.C. Le Roux Brut, terwyl ‘n duo van gedroogde vy omhul met fudge ‘n proesensasie saam met La Valleé Rosé is.

Of jy dit op sy eie geniet of langer vertoef vir middagete by Le Venue-restaurant, die nuwe “deluxe” proe-ervaring is ‘n moet tydens jou volgende besoek aan Die Huis van J.C. Le Roux.

Bespreking teen R80 per persoon is noodsaaklik en kan by 021 865 8200 gedoen word. Die Le Venue-restaurant is Maandae tot Vrydae vanaf 09:00 tot 16:00 oop, Saterdae en Sondae van 09:00 tot 15:00.

Bly op hoogte van al die jongste nuus van Die Huis van J.C. Le Roux deur www.jcleroux.co.za, www.facebook.com/HouseofJCLeRoux of @HouseofJCLeRoux op Instagram te besoek.

 

EINDE