Geniet Drostdy-Hof se Stein Select met smaaklike varkfiletgereg

Vat jou tong op 'n sensoriese reis.

Bederf jou geliefdes met ‘n heerlike, amper oordadige ete. Met hierdie maklike en tog indrukwekkende resep van varkfilet met penne-pasta, gekaramelliseerde peer en okkerneute in 'n romerige gorgonzola-sous is dit nie eens veel van 'n inspanning nie.

Bedien dit met ‘n glas van Drostdy-Hof Stein Select, wat met sy lewendige en vrugtige geure ideaal pas by hierdie ryk en dekadente dis.

Bestanddele

400g varkfilet, in skywe gesny

1 peer, ontpit en in skywe gesny

40g strooisuiker

30g okkerneute

250g penne-pasta

1 ui, fyn opgekap

4 knoffelhuisies, fyn opgekap

125ml Drostdy-Hof Stein Select

3 takkies vars tiemie, stingels verwyder en die blare fyn opgekap

250ml room

50g Gorgonzola (of enige ander bloukaas soos Stilton byvoorbeeld)

olyfolie

sout

swartpeper

vars raketblare vir die bediening

Metode

*Kook die pasta soos op die verpakking aangedui. Gooi deur 'n sif, spoel af in koue water, sprinkel ? bietjie olyfolie daaroor en hou eenkant.

So word die sous gemaak

*Verhit die olie in 'n pot oor hoë hitte, voeg die ui en knoffel by en soteer totdat die uie deurskynend is, maar nie bruin nie.

*Voeg sout en peper by en ook die fyngekapte tiemie.

*Voeg die wyn by en laat dit wegkook totdat dit soos 'n stroop is.

*Voeg die room by en bring dit tot kookpunt; roer deurentyd om te keer dat die room oorkook.

*Voeg die Gorgonzola by en roer tot al die kaas gesmelt het; verwyder van die hitte.

*Verhit olie in 'n groot pan oor hoë hitte, voeg die peerskywe by en sprinkel die strooisuiker daaroor.

*Braai tot die suiker begin karamelliseer; haal die peerskywe uit en hou eenkant.

*Braai die varkskywe in dieselfde pan tot gaar (sowat 4 minute), plaas dan die peerskywe saam terug in die pan asook die okkerneute en die sous.

*Bring die sous tot kookpunt, voeg dan die pasta by en meng tot die pasta met die sous bedek is.

*Plaas die raket op die bord met die pasta en ander bestanddele bo-op maar só dat die raketblare op die rand van die bord sigbaar is.

*Bedien en geniet saam met 'n glas verkilde Drostdy-Hof Stein Select.

Besoek www.drostdyhof.com/za vir meer inligting oor die handelsmerk.

 

EINDE