Fleur du Cap gee ’n kleurvolle kinkel aan tradisionele ingelegde vis

Ingelegde vis ... met 'n lekker kinkel!

Vier ‘n eg Kaapse tradisie met Fleur du Cap Bergkelder Selection Chenin Blanc, die perfekte pasmaat vir lekker, tradisionele, ingelegde vis. As dit by tradisioneel Kaaps kom, hoef dié wyn, gemaak van een van die oudste en mees aangeplante druifsoorte in Suid-Afrika, beslis nie terug te staan nie.

As jy nie ‘n kosbare familieresep het nie, probeer gerus die bekende soutkenner, sjef Craig Cormack, se spesiale kinkel tot hierdie bekende Kaapse dis. Vir die perfekte pasmaat, geniet dit gerus saam met Fleur du Cap Bergkelder Selection Chenin Blanc 2015 om die pikante geure van dié feestelike visdis na vore te bring.

Hierdie lig gehoute, komplekse wyn loop oor van geur. Aromas van appel, koejawel, lietsjie en ‘n tikkie spesery word onthul met die eerste mondvol, gevolg deur ‘n skatkis van tropiese geure en ‘n effe romerige nasmaak.

Cormack gee ‘n kinkel aan die tradisionele Kaapse dis deur wyn en granaat by die resep te voeg. Die wyn gee ‘n warm kleur aan die vis, terwyl die granaat die dis met rooi robyne versier.

Kerrievis opgekikker met granaat

Bestanddele

1.5 kg ontvelde geelstert

200 ml kookolie

1 kg gesnyde uie

15 ml kwaliteit masala

5 ml vinkelsaad

5 ml koljander

5 ml swart peperkorrels

4 heel naeljies

4-5 lourierblare

125g gedroogte appelkose en sultanas

500 ml wit- of rooiwyn (rooiwyn gee ‘n dieper kleur aan die vis)

10 ml growwe sout

75 ml witwynasyn

30 ml bruinsuiker

Pitte van 1 groot granaat

Metode

1. Voorverhit die oond tot 200°C.

2. Plaas vis in ‘n bakskottel – laat genoeg ruimte vir die sous.

3. Braai uie vir 30 minute – totdat hulle soet smaak.

4. Meng die masala, vinkel, koljander, peperkorrels, naeltjies en lourierblare by – braai vir 30 sekondes voordat appelkose, sultanas, wyn en sout bygevoeg word.

5. Prut vir 20 minute sonder deksel.

6. Voeg asyn en suiker by.

7. Gooi die sous oor die vis.

8. Bedek met foelie en bak vir 20 minute.

9. Laat heeltemal afkoel en plaas in die yskas vir ten minste ‘n dag.

10. Bedien op slaai met tuisgemaakte lemmetjie-mayonaise.

11. Garneer deur granaatpitte bo-oor te strooi.

Fleur du Cap Bergkelder Selection Chenin Blanc 2015 is landswyd beskikbaar by toonaangewende winkels. Koop dit teen R63 per bottel by Die Bergkelder of aanlyn by www.vinoteque.co.za.

Vir meer inligting besoek www.fleurducap.com, volg die Fleur du Cap-gemeenskap op Facebook of Twitter @FleurduCapWines.

 

EINDE