‘Obies’ se klewerige hoendervlerkies ’n lipleklekkerny!

Sedgwick's se Sedgwings!

Niemand wil ure lank in die kombuis deurbring voordat die gaste aankom nie. Sedgwick’s Original Old Brown het die ideale oplossing: ’n maklik-om-te-maak-resep vir klewerige hoendervlerkies, naamlik “Sedgwings”. Dit kan ’n eenvoudige happie wees of ’n smullekker hoofgereg saam met slap tjips of aartappelskyfies, of bedien dit met gesonder opsies soos ’n vars slaai, groente of selfs koolslaai.

Die volronde, donker en ryk smaak van Sedgwick’s het dit ’n spesiale plek by Suid-Afrikaners verseker sedert dit in 1916 bekend gestel is, en dit het die eerste “old brown” geword wat in Suid-Afrika gemaak is. Alom bekend as “Obies”, word dit steeds gemaak volgens die oorspronklike resep en behou sodoende sy effe soet smaak en kenmerkende neutbruin kleur.

Vier ’n eeu van “Obies” met watertandlekker klewerige hoendervlerkies en die oorspronklike Sedgwick’s Old Brown.

Sedgwick’s se klewerige hoendervlerkies (“Sedgwings”)

Bedien 4

5mg fyngedrukte knoffel

5mg gemmer

125ml sojasous

125ml appelkooskonfyt

180ml Sedgwick’s Old Brown

30ml heuning

5ml sesamolie

5mg Chinese five spices (opsioneel)

8 tot 10 hoendervlerkies

<!--[if !supportLists]-->1. <!--[endif]-->Kombineer al die bestanddele in ’n medium-grootte bak, behalwe die vlerkies.

<!--[if !supportLists]-->2. <!--[endif]-->Voeg die vlerkies by en laat toe om vir 10 minute te marineer. Hou marinade vir later.

<!--[if !supportLists]-->3. <!--[endif]-->Voorverhit die oond tot 180°C. Plaas bakpapier in ’n bakplaat se bodem. Bak vir 40 tot 50 minute tot goudbruin en klewerig en wend marinade twee keer aan tydens bakproses.

Volg die handelsmerk op Twitter @SedgwicksOB #sharethewarmth en Facebook op Sedgwick’s Old Brown.

 

EINDE