Two Oceans en klappergarnale vir pure genot

'n Fees vir die smaakkliere!

Enige tyd is ’n goeie tyd om met familie en vriende te kuier, maar soms dit kan nogal ’n handvol wees om almal gevoed te kry. Met dit in gedagte het Two Oceans saamgespan met Carey Boucher-Erasmus, die meesterbrein en kreatiewe genie agter die “blog” Bits of Carey, wat ’n resep geskep het vir klappergarnale bedien met ’n Thai-mayonnaise-doopsous saam met Two Oceans Pinot Grigio. Die wyn se sterk vrugteboeket en geure van peer, groenappel en sweempies lietsjie bring die beste na vore uit die sappige garnale en hul bros klapperlaag.

Na dese kan kos- en wynliefhebbers minstens een item van hul te doen-lysie verwyder!

KLAPPERGARNALE EN THAI-MAYNNAISE-DOOPSOUS

Wyn: Two Oceans Pinot Grigio
Bedien: 4
Voorbereidingstyd: 15 minute
Kooktyd: 3 minute

Bestanddele:
400 g bevrore garnaalsterte – ontdooi, skoon gemaak en uit die doppe verwyder
¼ koppie (60 ml) koekmeelblom vermeng met ’n ½ teelepel (2.5 ml) elk sout en peper
2 groot eiers, geklits
½ koppie (125 ml) droë klapper (medium of grof)
½ koppie (125 ml) Panko-broodkrummels* of growwe, droë broodkrummels
Kookolie vir diepbraai

Doopsous:
¼ koppie (60 ml) romerige mayonnaise
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
½ teelepel (2.5 ml) gerasperde gemmer
½ teelepel (2.5 ml) fyn gekapte rooi brandrissie
3 eetlepels (45 ml) gekapte koljander
Sap en gerasperde skil van 1 lemmetjie (of ½ suurlemoen)
1 teelepel (5 ml) vissous

Garnering:
1 komkommer, in spirale of repies gesny, in 1 eetlepel (15 ml) witwynasyn of ryswynasyn
1 lemmetjie, in wiggies gesny
1 rooi brandrissie, in dun repies gesny
Vars koljanderblare

Metode:

Meng die klapper en krummels op ’n bord. Hou die koekmeelblommengsel en geklitsde eiers gereed. Los ’n skoon bord eenkant, asook een met ’n papierhanddoek.

Smeer die garnale met die koekmeelblommengsel, gevolg deur die geklitsde eier en ten slotte ’n goeie porsie van die klapper en die krummels. Sit eenkant neer in die skoon bord.

Meng al die doopsous se bestanddele saam en gooi in sousbakkies.

Braai die garnale vir drie minute in matige warm olie. Die krummels behoort lig goud in kleur te wees. Sit die gebraaide garnale op die papier in die bord om die oortollige olie te absorbeer.

WENK: Braai die garnale in hopies om te voorkom dat hulle aanmekaar vassit en maak seker dat die olie nie té warm is nie om te voorkom dat die krummels brand en die garnale se vleis steeds rou in die middel sal wees.

Bedien die garnale in ’n hopie op ’n bord met die doopsous aan die kant. Garneer met lig gepiekelde komkommer, lemmetjiewiggies, brandrissie en koljanderblare.

Vir die “banters” en diegene wat gluten moet vermy: vervang die koekmeelblom met tapioca-meelblom en broodkrummels met meer klapper.

* Panko-krummels is Japannese gedroogde broodkrummels. Pakkies hiervan is beskikbaar by Asiatiese kruidenierswinkels. Hierdie krummels gee ’n heerlike krakerigheid!

EINDE