Glutenvrye klapper-plaatkoekies met ‘Obies’

Klapper-plaatkoekies met Sedgwick's Original Old Brown.

Is dit ’n plat koek? Miskien’n soort pannekoek? Of dalk ’n klein plaatkoekie? Nee, dis die Engelse plaatkoekie van toeka se dae, maar in ’n nuwe formaat, en beslis nie dié wat ou kaptein Sedgwick meer as 100 jaar gelede in The Captain’s Rooms, sy bekende en gewilde “taverne van die see” in die hart van Kaapstad sou bedien het nie!

Wat mens dit ook al noem, Sedgwick’s Original Old Brown het ’n manier gevind om hedendaagse, watertandlekker en glutenvrye klapper-plaatkoekies te maak, en dis maklik en eenvoudig!

Probeer gerus hierdie maklike resep vir lipleklekker-lekkernye oor die Paasvakansie en beïndruk jou vriende en familie met hierdie lekkerny wat enige tyd geniet kan word. Sedgwick’s Old Brown vier vanjaar ’n eeu van sy ryke erfenis, karakter en tradisies. Beter bekend as “Obies”, word hierdie gewilde en gesogte drankie steeds volgens die oorspronklike resep gemaak en skep dit steeds herrinneringe en stories van lekker tye.

Deel die hartlikheid van Sedgwick’s met ’n plaatkoekie.

Glutenvrye klapper-plaatkoekies met heuning en Old Brown-sous

Bedien 4 tot 6

BESTANDDELE

Glutenvrye plaatkoekies

4 eiers

1 koppie melk

2 eetlepels vanielje-ekstrak

1 eetlepel heuning

1 koppie klappermeelblom

1 eetlepel koeksoda

½ eetlepel sout

Botter vir braai

Heuningsous

½ koppie Sedgwick’s Original Old Brown

¼ koppie heuning

¼ koppie sultanas

¼ koppie rosyntjies

¼ koppie gesnyde amandels, gerooster

METODE

<!--[if !supportLists]-->1. <!--[endif]-->Klop die eiers in ’n klein bakkie vir sowat twee minute of totdat dit skuimerig is. Meng in die melk, vanielje en heuning.

<!--[if !supportLists]-->2. <!--[endif]-->Kombineer die klappermeelblom, koeksoda en sout in ’n medium-grootte bak en klits deeglik.

<!--[if !supportLists]-->3. <!--[endif]-->Meng die nat en droë bestanddele totdat die klappermeelblom ’n gladde beslag vorm.

<!--[if !supportLists]-->4. <!--[endif]-->Smeer ’n pan ligweg met botter. Skep ’n paar eetlepels vol van die beslag in die pan om die plaatkoekies te vorm. Sprei hulle effe uit deur die agterkant van die lepel te gebruik. Die plaatkoekies moet redelik dik wees.

<!--[if !supportLists]-->5. <!--[endif]-->Kook vir ’n paar minute aan elke kant oor medium-hitte totdat albei kante lig bruin is.

<!--[if !supportLists]-->6. <!--[endif]-->Verhit die Sedgwick’s Old Brown en heuning in ’n kastrol oor lae hitte en roer totdat dit warm is.

<!--[if !supportLists]-->7. <!--[endif]-->Voeg die rosyntjies en sultanas by die sous, verwyder van die hitte en hou bedek.

<!--[if !supportLists]-->8. <!--[endif]-->Laat die sous vir 20 minute afkoel en roer die amandels in.

<!--[if !supportLists]-->9. <!--[endif]-->Bedien die sous oor die klapper-plaatkoekies en geniet dit!

Volg die handelsmerk op Twitter @SedgwicksOB #sharethewarmth en Facebook op Sedgwick’s Old Brown.

EINDE