’n Melkskommel van rooiwyn? Hoekom dan nie!

Two Oceans se Black Forest-bederf!

’n Nagereg wat ook sommer dien as ’n drankie is nie net iets heel anders nie, maar dit kan ook baie maklik voorberei word! Vir jou volgende kuier met familie en vriende maak hierdie moeitelose dog ongelooflik weelderige melkskommel vir die grootmense. Dit word gemaak van Two Oceans-wyn.


Hierdie nagereg is geïnspireer deur die oorvloed kersie- en rooibessiegeure van die 2015- Two Oceans Cabernet Sauvignon Merlot-versnit om ’n dekadente Black Forest-bederf te skep. Probeer gerus hierdie bitter maklike resep wat uit net ’n paar bestanddele bestaan en in ’n japtrap gedoen kan word.

Two Oceans Black Forest-melkskommel

Gemaak met Two Oceans Cabernet Sauvignon Merlot
Bedien: 2-4
Voorbereidingstyd: 5 minute

Bestanddele:

750ml vanielje-roomys
80ml bevrore kersies of bessies

60ml Two Oceans Cabernet Sauvignon Merlot
30ml Kirsch-kersielikeur
15ml kakaopoeier
60ml gesnipperde sjokolade of donker sjokolade
45ml melk

Om te bedien

125ml slagroom (whipped cream)
Vars kersies of bessies

Metode:
Plaas al die melkskommelbestanddele in ’n menger en meng deeglik tot ’n donker en heerlike melkskommeldigtheid bereik is. Gooi in glase en plaas slagroom en kersies (of bessies) bo-op. Sit ’n strooitjie in geniet!

EINDE