Geposjeerde tamatie en pesto pas perfek by Drostdy-Hof se Sauvignon Blanc

'n Voorgereg (of bygereg) wat enige tyd van die jaar kan werk.

Hoe klop ’n mens ’n tafel gelaai met goeie kos, goeie wyn en goeie vriende? Begin met ’n vinnige, maklike laatsomerresep met sonryp ranktamaties, gevul met kaas, jong murgpampoentjies en basiliekruid-en-dennepitpesto saam met Drostdy-Hof Sauvignon Blanc. Die fris, smaaklike wyn weerspieël die tintelende tamatiesmake, en die romerige, ryk pesto pas by alles.

Bestanddele

4 groot ranktamaties

200g Mozzarellakaas

1 liter groente-aftreksel

15ml balsemiek-asyn

Sout

Swartpeper

Vir die pesto

6 jong murgpampoentjies, gerasper

50g dennepitte, effens gerooster (plaas dit ’n paar minute lank in ’n warm oond)

50g Parmesaanse kaas, fyn gerasper

30ml olyfolie

30ml basiliekruidpesto, tuisgemaak of ? gekoopte een van goeie gehalte

20g botter

100g bokmelkkaas, gekrummel

Metode

Verdeel die Mozzarella in “balletjies” van 30 g elk. Sny die boonste 2 cm van die tamaties as “deksels” af. Skep die sade in die onderste dele van die tamaties sorgvuldig uit om vir die kaas plek te maak. Plaas die kaasballetjies binne-in. Probeer om die vleis en skil nie te beskadig nie. Sit die “deksels” bo-op.

Plaas die tamaties in ’n diep bakplaat en gooi die groente-aftreksel rondom die tamaties. Voeg die asyn by, en geur met sout en peper. Voeg indien nodig ’n bietjie water by om te sorg dat die vloeistof twee derdes van die tamaties bedek.

Bak sowat 40 minute lank in ’n oond teen 180 °C.

Maak die pesto deur die jong murgpampoentjies met die olyfolie en botter in ’n pan te braai tot hulle sag is. Dit behoort sowat 3 minute te duur. Gooi die dennepitte, Parmesaanse kaas en basiliekruidpesto by.

Bedien die tamaties bo-op die pesto, en strooi ’n bietjie bokmelkkaas bo-oor.

Bedien met ’n glas Drostdy-Hof Sauvignon Blanc.

Gaan na Facebook en kyk hoe Johan van Schalkwyk, bekende buurtkok, dié gereg berei.

Gaan na Johan se Facebookblad vir nadere inligting oor hom: www.facebook.com/TwistSomeMore, of besoek sy webwerf www.twistsomemore.com.

Gaan na www.drostdyhof.com/za vir meer oor die handelsmerk.

EINDE