Place in the Sun Merlot maak die winter warm met heerlike koeskoesgereg

'n Heerlike koeskoesgereg, om te geniet saam met Place in the Sun Merlot.

Place in the Sun se geurige, sappige en gladde wyne spog boonop met Fairtrade-akkreditering. Die kelder betaal ’n premie vir die druiwe uit die Devonvallei naby Stellenbosch wat hy vir dié reeks kies. ’n Komitee van die plaaswerkers wat die wingerde versorg en die druiwe pluk, besluit hoe om daardie geld só te gebruik dat dit nie net hul lewens verryk nie, maar ook hul gesinne se welsyn.

Tot op hede is die geld vir opvoeding-, gesondheid-, ontspanning- en voedingsprogramme gebruik. Die gemeenskap spog met die heel eerste afgestudeerde aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit uit die Fairtrade-gemeenskap. Alvercia Juries, wat aan die Universiteit van die Wes-Kaap studeer het, is ’n dogter van plaaswerkers, maar ook ’n spesialis-verpleegster. Sowel haar suster as die kind van ander plaaswerkers studeer aan ’n plaaslike sakekollege, en hul klasgeld word uit dié premies betaal.

Koue weer vra vir stewige, warm kos. Skink ’n glas van die heerlik gladde Place in the Sun Merlot met sy sappige rooibessiesmake, en maak dan dié eenvoudige maar smaaklike botterskorsiedis. Dis só vullend dat jy nie sal agterkom daar’s g’n vleis in nie, en die soet, stewige, aardse smake pas puik by die wyn.

Koop die wyn by www.fairtrade.org.za en die meeste drankwinkels teen ongeveer R58.

BOTTERSKORSIE-, SPINASIE-, FETA- EN OLYFKOESKOES

Lewer 4 porsies

Bestanddele

1 klein botterskorsie, geskil en in happiegrootte blokkies gesny

Handvol vars ment en 4 of 5 takkies oreganum (of 1 of 2 t elk van albei kruie, gedroog)

1 t gedroogde brandrissievlokkies

500 ml jongspinasie, skoongemaak maar nie oormatig afgespoel nie

250 ml feta, grof verkrummel

125 ml swart olywe sonder pitte

Handvol dennepitte (opsioneel)

Skeut balsemiek-asyn (opsioneel)

Koeskoes

Metode

  • Verhit die oond vooraf tot 200 °C.
  • Plaas die stukkies botterskorsie in ’n oondvaste bak, druip olyfolie oor en strooi die vars of gedroogde kruie, brandrissievlokkies en sout na smaak oor. Rooster tot sag (ongeveer 30 minute).
  • Verwyder uit die oond wanneer dit gaar is, voeg die spinasieblare by en meng met die groente tot die blare begin verwelk, maar nie deurgaar is nie.
  • Voeg die feta en olywe by en sorg dat al die dis se bestanddele eweredig gemeng is.
  • Voeg ’n klein bietjie olyfolie by as dit te droog is. Druip die balsemiek-afkooksel liggies oor indien dit gebruik word, en strooi die dennepitte oor.
  • Bedien op ’n bed van koeskoes wat volgens die aanwysings op die pakkie gemaak is.
  • Skink Place in die Sun Merlot vir al die gaste.

Volg Place in the Sun op Facebook (www.facebook.com/PlaceintheSunSA) en Twitter (www.twitter.com/PlaceintheSunSA).

 

EINDE