Pongrácz en perskes ’n luukse-bederf met ’n kinkel

Enige tyd is mos sjampanje-tyd!

Gee ’n onverwagse kinkel aan jou volgende onthaal met ’n ultra-luukse, dekadente nagereg van vars perskes in ’n Pongrácz Brut- en tiemie-jellie.

Dié nagereg met Suid-Afrika se nommer een- Méthode Cap Classique as die hoofbestanddeel sal die geleentheid werklik spesiaal maak. Pongrácz Brut gee ’n ekstra sprankel aan hierdie ligte, opbeurende nagereg danksy ’n perfekte balans tussen vars asiditeit en verfrissende groen appels met subtiele brioche-geure.

Vir ’n retro-sjiek afronding kan jy die nagereg in pragtige, wyerand Marie Antoinette-glase bedien – en onthou om jou gaste nog verder te bederf met ‘n glas Pongrácz Brut om saam met die nagereg te geniet.

Vars perskes in Pongracz- en tiemie-jellie

Bedien 6

Bestanddele

30ml (2 eetlepels) gelatien-poeier

750ml (3 koppies) Pongrácz Brut

60g suiker

2 vars perskes, ontpit en in vierkante gesny

6 takkies tiemie, gebruik slegs die blare

Meng 125ml (1/2 koppie) Pongrácz Brut met die gelatien in ‘n klein bakkie. Plaas eenkant vir 5 minute.

Metode

Meng die res van die Pongrácz en die suiker in ‘n medium souspan oor lae hitte totdat die suiker gesmelt het, roer deurlopend.

Voeg die oorblywende Pongrácz Brut by. Giet die Pongrácz-jelliemengsel in 6 x 125ml glase. Voeg 3 perskes per glas saam met ‘n paar tiemie-blare by.

Plaas in die yskas vir 4 ure of tot dit gestol het. Bedien met vars tiemie en Pongrácz.

Besoek www.pongracz.co.za, www.facebook.com/PongraczCapClassique of volg Pongrácz op Twitter by @Pongracz. Die hele Pongrácz-reeks is aanlyn te koop by www.vinoteque.co.za.

EINDE