Vang gees met Drostdy Hof en biltongpatee

Vang gees met biltongpatee en DrostdyHof!

Rugbygees by die stadion of ’n lekker kuierplek is altyd pret, maar soms is dit in die winter só koud dat ’n mens eerder net by die huis wil bly! Drostdy Hof nooi jou om die meeste uit tuisbly te haal wanneer daar rugby op die klein kassie is. En as daar nie rugby is nie, sal krieket, motorsport en atletiek ook mos doen!

Drostdy Hof is net so Suid-Afrikaans soos rugby, sonskyn en biltong. Dis in 1964 net buite Tulbagh geskep. Die sukses van die wyne is as gevolg van sorgvuldige keuring van die druiwe, en versnyding. Kyk byvoorbeeld na Drostdy hof se Merlot. Dié medium lywige wyn met aarbei- en kersiesmake pas perfek by die meeste rooivleis- en wildsdisse.

Probeer dié heerlike biltongpatee sonder fieterjasies op Melba-roosterbrood of geroosterde snye Franse brood saam met Drostdy Hof se Merlot (dis orals in die land in 750ml-bottels of 3?-bokse te koop) vir ’n lekker Suid-Afrikaanse rugbykykhappie.

Bestanddele

100 g biltong, fyn gerasper

100 g roomkaas

50 ml dik room

2 E Worcestershire-sous

¼ E koljander, gemaal

Melba-roosterbrood of geroosterde snye Franse brood om te bedien

Olywe om te bedien

Agurkies om te bedien

Metode

Room al die bestanddele saam tot glad.

Skep in ramekins omdat die patee taamlik korrelrig sal wees.

Bedien op Melba-roosterbrood of geroosterde snye Franse brood, met ’n glas Drostdy Hof Merlot.

Wenk: bedien met olywe en agurkies.

Skep die patee wat oorbly in ’n glashouer en bêre in die koelkas (eet binne twee dae).

Gaan na www.drostdyhof.com/za vir meer oor die handelsmerk.

Volg Drostdy-Hof op Facebook (www.facebook.com/DrostdyHofZAWines) en Twitter (www.twitter.com/DrostdyHofSA).

EINDE