Place in the Sun Cabernet rol moue op vir tydsaam gekookte lamsblad

'n Lamsblad wat wag vir die regte rooiwyn as metgesel!

Place in the Sun is ’n “optimistiese” handelsmerk met opgerolde moue wat die blink kant altyd bo hou. Die sappige Fairtrade-geakkrediteerde wyne met hul gul smaak word van druiwe van die Devon-vallei naby Stellenbosch gemaak. Die oes verdien ’n premie, en dit help betaal vir opvoeding-, voeding-, gesondheid- en ontspanningsprojekte waarop die plaaswerkers wat die wingerde versorg en die druiwe pluk, self besluit.

Jy het ’n robuuste dis nodig om by die gespierde, uitgesproke en sappige smake van swart en rooi vrugte van die Place in the Sun Cabernet Sauvignon te pas. Probeer dit met dié lamsvleisresep sonder fieterjasies. Jy’s tjoef-tjaf klaar met die bereiding, en dan los jy dit in die oond om gaar te word terwyl jy ander dinge doen.

Kry die wyn by die meeste drankwinkels teen sowat R58 per bottel.

TYDSAAM GEKOOKTE LAMSBLAD

Lewer 4 porsies

Bestanddele

1kg lamsblad met been

1 koppie balsemiekasyn

3 koppies hoender- of groente-aftreksel

5 takkies roosmaryn met heel blare

6 knoffelhuisies, geskil

1 eetlepel taai bruinsuiker

Metode

Voorverhit die oond tot 140 °C.

Verwyder die oortollige vet van die blad indien die slagter dit nie reeds gedoen het nie, maar los ’n dun lagie bo-op sodat die lam sappig bly terwyl dit gaar word.

Plaas die vleis in ’n diep, oondvaste bak, verkieslik een met ’n deksel wat styf pas (of verseël dit later met aluminiumfoelie).

Gooi die aftreksel en asyn bo-oor en strooi die suiker bo-op. Stip die vleis eweredig met die knoffelhuisies en roosmaryntakkies. Verseël die houer met die deksel of foelie en bak vir 150 minute.

Draai die vleis om, en verwyder die deksel ná nog 90 minute.

Stel die oond op 180 °C en bak nog 30 tot 40 minute lank onbedek of totdat die lamsvleis bruin is. Die vleis moet baie sag wees, en maklik om te sny.

Skep die vet voor opdiening af, en bedien dan met gekookte jongaartappels (met pansappe bo-oor) en vars groenbone wat net-net gaar is.

Sorg dat almal ’n glas Place in the Sun Cabernet Sauvignon het.

Volg Place in the Sun op Facebook (www.facebook.com/PlaceintheSunSA) en Twitter (www.twitter.com/PlaceintheSunSA).

Gesels saam deur #winepairing te gebruik.

EINDE