Maak jou eie glühwein met Place in the Sun se Merlot

Hou jouself warm hierdie winter!

Word dié winter met Place in the Sun Merlot warm wanneer die sonskyn verdwyn. Die helder, vars bessiesmake met ’n tikkie eikehout reageer heerlik wanneer jy tradisionele glühwein-speserye byvoeg. Dié drankie laat jou lekker gloei!

Place in the Sun Merlot is by die Fairtrade-winkel by www.fairtrade.org.za te koop, asook by ander bekende drankwinkels. Die kleinhandelprys is tussen R58 en R65 vir ’n 750ml-bottel.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

½ lemoen, in skywe gesny

½ suurlemoen, in skywe gesny

1 kaneelstokkie

2-3 kruinaeltjies

1 steranys

¼ koppie suiker

200 ml water

750 ml Place in the Sun Merlot

2 E brandewyn na smaak (opsioneel)

Metode

Voeg die lemoen- en suurlemoenskywe, kaneelstokkie, kruinaeltjies, steranys, suiker en water saam in ’n groot kastrol.

Verhit oor medium hitte tot kookpunt en kook 5-10 minute lank. Roer om die suiker te laat oplos.

Stel die hitte op laag sodra die suiker en speserye in die water getrek het, en gooi die Place in the Sun Merlot asook die brandewyn (indien dit gebruik word) by terwyl die mengsel geroer word.

Verhit tot dit stoom, en verwyder dan van die hitte. Sorg dat die Glühwein nie kook nie, want die alkohol sal dan verdamp.

Bedien in bekers of glase wat in warm water verhit is (koue glase sal breek), met suurlemoenskywe of kaneelstokkies as versiering.

As daar binne een uur nadat die Glühwein gemaak is, nog daarvan oor is, moet die lemoen- en suurlemoenskywe verwyder word, anders veroorsaak hulle ’n bitter smaak. Bêre enige Glühwein wat oorbly in ’n glashouer teen kamertemperatuur, en drink dit binne twee dae.

Volg Place in the Sun op Facebook (www.facebook.com/PlaceintheSunSA) en/of Twitter (www.twitter.com/PlaceintheSunSA).

Gaan na die webwerf: www.placeinthesun.co.za.

EINDE