Hoe om jou wynkennis as beginner te verbeter

Begin sommer vandag met jou wynreis van ontdekking.

Daar is sommer baie wyninligting daarbuite, maar nie te veel goeie raad oor hoe om die wynreis te begin en wat om eerste te leer nie. Gelukkig kan mens, met so bietjie raad, redelik vinnig “wynwys” word en selfverrtoue opbou, en sommer in ’n redelike kort tydjie ook. Hierdie “gids” gaan poog om riglyne te bied oor hoe om jou wynkennis uit te brei … selfs al begin jy nou eers!

Hoekom van wyn leer?

Om wynwys te word, is nie vir almal nie, maar dis die beste manier vir wynliefhebbers om hul kennis en ervaring uit te bou en hul smaakkliere “wys” te maak. Daar’s naturlik ook “newe-effekte”: jy sal meer selfvertroue ontwikkel met die aankoop van wyn en die verskille tussen wyne en hul gehalte kan proe. Maar onthou altyd, die beste wyn is die een waarvan jy die meeste hou, ongeag handelsmerk, prys en toekennings.

As jy dus reg is om die wynreis vir die eerste keer aan te pak, of jou bestaande reis van ontdekking selfs verder uit te bou, lees voort!

Verander hoe jy drink

Die eerste tree wat jy moet neem as jy jou wynkennis wil verbeter, is om onmiddellik jou drinkgewoontes te verander. Hou in gedagte dat die doel is om die manier waarop jy wyn koop en verbruik te verander sodat jy voortaan beter ingeligte besluite kan neem en ’n groter vlak van bewustheid kan ontwikkel. As jy hierdie doel in gedagte hou, sal elke wynproegeleentheid skielik ’n geleentheid word om jou wynkennis uit te brei.

Maar wat beteken “verander hoe jy drink”? Dit beteken eenvoudig dat jy:

Die proeproses beoefen elke keer as jy ’n glas wyn optel

Vergelykende proeë reël om jou proevermoëns te verbeter

Altyd die oorsprong en oesjaar identifiseer

Nuwe wyne soek wat jou proe-repertoire sal uitbrei

Hierdie eenvoudige aanpassing is nie iets wat altyd jou volle aandag sal benodig nie. Verseker net dat jy deeglike aantekeninge maak en daarna die wyn ten volle geniet.

Begin jou persoonlike wyn-uitdaging

Maak nie saak of jy ’n beginner of ’n kenner is nie, ons almal het meer te leer van wyn. Onthou, wyn is nie ’n bestemming nie, maar ’n wonderlike reis van ontdekking. Met dit in gedagte, hier’s ’n persoonlike wyn-uitdaging in 3 stappe wat nommerpas is vir beginners.

Is ek ’n beginner?

As jy nie weet hoe om tanniene of asiditeit in wyn te beskryf nie, en jy’s nie eintlik bewus van die volle spektrum van wyne en wynstyle in jou streek of ons land nie, dan’s die kanse goed dat jy ’n beginner is. So, baie geluk dat jy jouself uitdaag om meer van wyn te leer!

Hier is die eerste stappe wat jy moet nee mom jou wynkennis te verbeter:

Stap 1: Basiese Wyn-karaktertrekke

Wat is wyn? Wyn word beskryf as ’n alkoholiese drankie wat van gegiste druiwesap gemaak word. Tegnies gesproke kan wyn van enige vrug gemaak word, maar die meeste wyne word van ’n spesifieke druiwespesie gemaak, naamlik Vitis Vinifera. Hierdie druiwe bestaan uit verskeie elemente - insluitende water, suiker, sure en polifenole – wat deur baie verskillende veranderings gaan tydens gisting en wat 4 basiese karaktertrekke lewer wat in elke glas wyn voorkom.

Jou eerste taak is om te leer hoe om hierdie 4 karaktertrekke te proe.

Doen-dit-self-oefening vir die mond

Stap 2: Proe die 9 wynstyle

Watter wyne is daar vandag? Wel, daar word letterlik honderde-duisende wyne elke jaar bekend gestel regoor die wêreld en elkeen het ’n effense ander smaak. Ondanks hierdie reuse-verskeidenheid is daar uiteindelik net 9 oorkoepelende style wat die omvang van wyn saamvat. Jou volgende taak is om ’n wyn uit elkeen van hierdie 9 style te proe sodat jy ’n idee van die reeks kan kry. Dit mag dalk ’n tyd vat om elkeen in die hande te kry en te proe, maar jy sal aan die einde daarvan ’n heeltemal ander begrip van proe hê.

Die 9 Wynstyle

Stap 3: Noodsaaklike wyn-etiket

Die enigste wyn-etiket wat werklik belangrik is, is die stappe en standaarde betrokke by die bewaring en proe van wyn om te verseker dat dit smaak soos die wynmaker beplan het. Die enigste rede hoekom wyn-etiket belangrik is, is omdat wyn ’n uiters broos produk is.

7 Basiese beginsels in die Bediening van Wyn en Keuse van Glase

Bronne

Proe

Die proe van wyn behels 4 stappe: kyk (oë), ruik (neus), proe (mond) en dink (brein). Elke keer wanneer jy wyn proe en hierdie strategie toepas, sal jy meer bewus word van die subtiele verskille tussen elke bottel. Hier is twee baie handige artikels wat jou sal help om jou proe van wyn te verbeter:

Die vierstap-wynproemetode

Hoe om handige proenotas te maak

Leer

Brei uit op jou persoonlike proe-ervaring van wyn deur bietjie inligting oor die wyn na te slaan. Waar is dit gemaak? Hoe is dit gemaak, met of sonder hout byvoorbeeld? Watter kultivars is in die versnit gebruik? Watter ander kultivars word in die streek verbou?

Deur ’n wyn met ’n plek te assosieer, brei mens jou begrip uit bo net dié van die produsent en etiket. Dit sal jou ook na nuwe en interessante wyne lei deur die streek of streke met soortgelyke eienskappe – klimaat, wynkultivars, tradisies, ens. – te verken.

Verken en Ontdek

Wat moet jy volgende proe? Om inspirasie tussen wynrakke te vind, kan nogal oorweldigend wees. Daar is egter ’n groot verskeidenheid bronne wat jou kan help om nuwe wyne te ontdek en verken. En steek gerus kers op by mede-wynliefhebbers.

Die Laaste Woord: Begin Vandag!

Daar is geen beter tyd om van wyn te begin leer as nou nie! En as jy tussendeur vrae het, moenie huiwer nie, VRA! Dis net oningeligte mense wat nie vra nie. TJORTS!

(Bron: Wine Folly)

EINDE