La Petite Ferme betower met kos-en-wyn-ervarings hierdie winter

Betower jou tong hierdie winter met kos en wyn vir fynproewers!

Bederf jou smaakkliere hierdie winter tydens die eksklusiewe kos-en-wyn-ervarings wat deur die La Petite Ferme-landgoed buite Franschhoek aangebied word. Slegs vier aandetes word as deel van hierdie kulinêre fees aangebied, wat op die eerste Donderdag van die maand, van Mei tot Augustus, gehou word.

Elke ervaring verskil effens van die ander en het La Petite Ferme se talentvolle wynmaker, Wikus Pretorius, as gasheer. Hy span sy ryke kennis van plaaslike en internasionale kos-en-wyn-ervarings vir die etes in.

Deur die loop van elke aand sal Pretorius begin met ’n proe van vier wyne – een van La Petite Ferme, twee van ander Kaapse wynstreke en een internasionale wyn. Al die wyne van daardie aand is van dieselfde kultivar, wat aan gaste ’n skaars geleentheid bied om verskillende uitdrukkings en die invloed van terroir en tegnieke te vergelyk.

Op 4 Mei is viognier in die kollig. Eie aan Frankryk se noordelike Rhône-vallei is dié kultivar bekend vir sy delikate asiditeit, droogheid en verskeidenheid uitdrukkings.

Op 8 Junie is chardonnay aan die beurt, ’n sterk druif wat voortdurend verras in alle style.

Die aandete op 6 Julie word gewy aan die kultivar wat deur baie gereken word as die koning van die rooies, cabernet sauvignon. Al is dit bekend vir sy volronde wyne, is cabernet steeds in staat om delikaat en elegant te wees.

Die laaste aandete behoort aan rooi versnitte. Dié ete sal onder meer La Petite Ferme se eie Verdict.


Elke proe word gevolg deur ’n driegang-extravaganza van kos en wyn met geregte wat geïnspireer is deur Pretorius se gunsteling-ervarings met kos en wyn wat hy in die buiteland ervaar het.

“Hierdie verruklike disse is nie op ons restaurant se à la carte-spyskaart nie en sal gepaar word met wyne van La Petite Ferme se befaamde portefeulje. Ons viertal aandetes bied dus aan kos- en wynliefhebbers die geleentheid om maand na maand by ons te kom aansit ... elke keer om ‘n verskillende kos- en wynreis te geniet,” verduidelik Pretorius.

Die proe-aandetes begin om 18:30. Die koste is R750 per persoon wat die vier wynproeë en die driegang-aandete met die wynpasmaats insluit. Sitplek is beperk om ’n intieme, persoonlike ondervinding te waarborg. Besprekings is noodsaaklik en vroeë besprekings word aanbeveel.

Om jou tafel te bespreek, kontak Ruan Olivier by 021 876 3016 of pr@lapetiteferme.co.za.

EINDE