Slaan die winter hok by ‘Taste the Helderberg’ se epikuristiese fees

Taste the Helderberg 2017 wag vir jou!

Dis weer tyd om die winterkoue die nekslag toe te dien en in die warm gloed van Taste the Helderberg - die jaarlikse samekoms van kos, wyn en mense - te ontspan.

Wynplase en restaurante in die Helderberg-streek gooi op Donderdag, 15 Junie, weer hul reënboogkombers vir net een aand op Somerset-Wes oop en vertoon trots hul plaaslike kos en wyn. Vanjaar word lewenlustiges uitgenooi om die winter af te skud vir ’n aand en iets rooi te dra, die temakleur van vanjaar se feesviering.

Taste the Helderberg het een van die hoogtepunte op die Wes-Kaapse wynkalender geword,” sê die Stellenbosch-wynroete se, Elmarie Rabe. “Die sosiale geleenthede wat die spesiaalste herinneringe maak, is selde só goed sonder goeie kos en wyn, en Taste the Helderberg het dit alles.”

Taste the Helderberg se “smorgasbord” sal weer van 5nm tot 9nm by die bekende NH The Lord Charles Hotel bedien word  - ’n reëling wat baie gaste ideaal pas want hulle kan dan die geleentheid in ’n langnaweek uitrek omdat die volgende dag, Vrydag 16 Junie, ’n vakansiedag is.

’n Hoogtepunt vir veral wynliefhebbers by Taste the Helderberg 2017 sal die geleentheid wees om ’n vroeë kyk en proe van die streek se jongste wyne te kry, sowel as die kans om van die ikone wat hierdie substreek van die Stellenbosch-wynroete in die visier van internasionale kenners geplaas het, te geniet. Die meeste van hierdie apploustrekkerwyne sal te koop wees teen spesiale promosiepryse.

Daar sal ook “opwip-eetplekke” wees van die Helderberg se bekendste restaurante en die geleentheid om meer te leer oor wynmaak van die wynmakers en wingerdboukundiges self.

Besoekers kan hulself gereed maak vir ’n aand van feestelikheid wat verder opgevrolik sal word deur lewende musiek.

Kaartjies na die geleentheid kos R100 per persoon en moet verkieslik aanlyn bespreek word by www.wineroute.co.za. As daar enige kaartjies oor is, sal dit by die deur verkoop word.

Vir meer inligting oor Taste the Helderberg 2017, besoek www.wineroute.co.za of bel 021 886 8275.

EINDE