Boplaas is weer eens …, wel, bo, héélbo!

Skitterend ... weer eens!

Wanneer mens die naam Boplaas in ’n artikel sien, verwag jy om te lees van nóg ’n prestasie deur een van hierdie bekende en bekroonde wynmakery naby Calitzdorp in die Klein Karoo se dessert- en tafelwyne. Wel, dis weer sulke tyd!

Die bekende landgoed het ’n driekuns behaal op vanjaar se National Wine Challenge Top 100-wyne en weer eens bewys waarom dit as Suid-Afrika se leier in die produksie van portwyne en Portugese tafelwyne beskou word.

Die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2015 het ? dubbele platinum-toekenning verwerf en is ook aangewys as die Grand Cru National Champion Best in Class. Hierdie klassieke Cape Vintage Reserve is gemaak van touriga nacional, tinta barocca en souzao en volgens die tradisionele, Portugese metode.  Hierdie dessertwyn het ? diep, donker kleur met geure van swartbessies en sjokolade, ? ryk talmende nasmaak met goed geïntegreerde alkohol. Hierdie portwyn was ook die Suid-Afrikaanse Kampioen-port op die SA Jongwynskou.

Boplaas se 2015- Gamka Reserve is ‘n volronde, komplekse rooiwyn en ’n versnit van touriga nacional, tinta barocca, shiraz en touriga francesa. Dit het ’n verouderingspotensiaal van minstens 15 jaar en ’n waardige ontvanger van ? dubbele goue medalje.

Die Boplaas Ring of Rocks 2013 het ook ? dubbele goue medalje verower. Die naam van die wyn verwys na die klipsirkel langs die Boplaas-kelder. Die wyn is gemaak van touriga francesca en tinta barocca, en hoewel dit tans ? heerlike drinkwyn is, kan dit met groot sukses nog sewe jaar lank in die bottel verouder.

En asof dit nie reeds genoeg is om hulself op die skouer te klop nie, het Boplaas se Cape Vintage Reserve Port 2007 (links) pas weer die landgoed se vlag hoog laat wapper as een van slegs 19 Suid-Afrikaanse wyne wat na 10 jaar se veroudering steeds 90 punte en meer punte kon aanteken in ’n projek van Wine Magazine.

Altesaam 41 produsente het vir die kompetisie ingeskryf en die Boplaas Cape Vintage Reserve 2007 het die hoogste telling van 91 punte gekry.

Dis egter nie die eerste keer dat hierdie dessertwyn lof ontvang nie. Dit het as jong dessertwyn die Suid-Afrikaanse Trofee vir die Kampioen-port ingepalm, asook ’n goue medalje op die Veritas-kompetisie.

Die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2007 het ? donker inkkleur en intense geure van sjokolade, neute en bessies. Dit  kan met gemak vir nog 30 jaar verouder in die bottel.  Dit is gemaak van klassieke Portugese kultivars in die tradisionele styl en in oop tenks gegis. Dit is na twee jaar se veroudering in Portuguese vate gebotteleer.

Boplaas se Cape Vintage Reserve Port 2007 is by die proelokaal op die landgoed te koop en kos R700 per bottel. Dis duidelik tyd dat mens weer koers kies in daardie rigting!

Vir meer inligting of enige navrae, kontak die kelder by 044-213-3326 of boplaas@mweb.co.za of admin@boplaas.co.za.

EINDE