Baleia Wines Erhard Pinot Noir 2014 doen familietradisie gestand

Baleia Wines se jongste Erhard Pinot Noir van die 2014-oesjaar.

In die jong wynstreek naby Vermaaklikheid langs die Kaapse Suidkus het die Joubert-familie van Baleia Wines hulself reeds as baanbrekers op die gebied van wynproduksie bewys.  Hul reeks Baleia-wyne spreek van gehalte en hul pioniersenergie en is die resultaat van passie, toewyding en hegte familiewaardes.

Die jongste wyn wat uit hierdie kelder na vore tree om liefhebbers van die vrug van die wingerdstok gelukkig te maak, is die Baleia Wines Erhard Pinot Noir 2014. Hierdie vlagskipwyn is vernoem na Erhard, die seun van die eienaars Jan-Hendrik en Lindi Joubert, wat die hegte familiebande beklemtoon.

Die grond waarin die pinot noir-wingerd geplant is, is ryk aan kalksteen, en die Mediterreense klimaat span saam om hierdie wyn werklik uniek te maak. Die Baleia Wines Erhard Pinot Noir 2014 het subtiele geure van vars strooi en ryp aarbei in die neus, en die sagte mondgevoel kombineer soomloos met ryk tanniene wat die wyn ’n verouderingspotensiaal van nog tien jaar of selfs bied.

Daar word voorgestel dat die wyn op sy eie geniet word of saam met koue vleise, gebraaide of geroosterde hoender en varkvleis.

Die Baleia Wines Erhard Pinot Noir 2014 is beskikbaar teen R180 per bottel vanaf die webwerf http://www.baleiawines.com/order-form of by uitgesoekte verskaffers wat by http://www.baleiawines.com/stockists gevind kan word.

Die vorige weergawe van hierdie wyn – uit die 2013-oesjaar - het reeds etlike toekennings ontvang, soos byvoorbeeld ’n goue medalje op die internasionale Michelangelo-wynskou, goud by die WineStyle People’s Choice Awards, 3½ sterre in die Platter-wyngids en ’n brons medalje op die Old Mutual Trophy-wynskou.

Na die bottelering van hul eerste oes op die plaas Dassieklip in 2011 moes dié wyn ’n naam kry en is daar op Baleia Wines besluit.  Die naam is geïnspireer deur die Portugese woord vir walvis en sluit aan by Dassieklip se nabyheid aan St. Sebastianbaai – dikwels genoem “Suid-Afrika se walvisbabakamer” as gevolg van die rekordgetalle Suidelike Noorkapper-walvisse wat jaarliks daarheen migreer, asook die uitstekende uitkykpunt wat dit bied om hierdie sagmoedige reuse te bespied.

Baleia Wines se kelder en proelokaal is gerieflike geleë langs die N2, sowat 1km vanaf Riversdal in die rigting van Mosselbaai.

Vir meer inligting, kontak Maryke Holtzhauzen by 028 713 1214 of admin@baleiawines.com, of besoek http://www.baleiawines.com/.

EINDE