Franschhoek is #OpenForWinter!

Kos en wyn, twee van die plesiere waarvoor Franschhoek bekend geword het.

Moenie dat die koue jou onderkry hierdie winter. Maak gebruik van die geleentheid om die Franschhoek-wynvallei te besoek, wat toevallig #OpenForWinter is. Ontvlug van die winterkoue en ontdek die groot verskeidenheid aanbiedings van hierdie bekende en gewilde dorp en vallei. Daar is te kies en te keur tussen knetterende kaggelvure, uitmuntende rooiwyne, kos wat fynproewers gaande sal hê en veel, veel meer.

Aangesien die wintermaande tradisioneel ’n effens stiller tyd van die jaar is, is dit ook die ideale tyd om sommer vir ’n naweek weg te breek. Sommige van die verblyfplekke in die vallei het spesiale aanbiedings hierdie seisoen wat onder meer “bly drie nagte en betaal slegs vir twee” insluit. Ander aanbiedings sluit komplimentêre massering vir die rug en skouers in en komplimentêre wyn. En dan is daar die Dine Out Special-aanbieding wat oornagverblyf (bed en ontbyt) sowel as ’n fynproewer-driegangaandete vir twee mense insluit.


’n Dagbesoek kan ewe vervullend en genotvol wees. Dink net aan al die wynmakerye in die vallei wat wag om hul puik produkte ten toon te stel. Winterpromosies sluit ’n vertikale pinotage-proe in, asook ’n gratis bottel wyn as 6 bottels gekoop word en opwindende promosies op huidige oesjaarwyne.

Geen besoek aan Franschhoek en die vallei sal volmaak wees sonder ’n besoek aan een van die streek se bekende en bekroonde eetplekke nie. Daar kan gekies word tussen gemaklike, heilsame kos en disse wat enige fynproewer breed sal laat glimlag. Kombineer hierdie geregte met die vallei se uitmuntende wyne en jy’t ’n gastronomiese fees.


Raak ontslae van die kalorieë deur die dorp in te vaar en jou te verlustig aan die verskeidenheid uitdagings vir jou selfbeheersing en bankbalans. Dit wissel van klere en juweliersware tot dekor en kuns. Wees op die uitkyk vir spesiale winterpromosies!

Dit, en baie meer, wag op besoekers aan die Franschhoek-wynvallei hierdie winter. Hierdie “winterfees” eindig op 31 Augustus.

Vir enige navrae of meer inligting, besoek www.franschhoek.org.za of volg die Franschhoek-wynvallei op sosiale media by #OpenForWinter.

EINDE