Boplaas Cape Vintage Reserve eenvoudig die beste!

Eenvoudig die beste!

Eenvoudig die beste! Dis ’n stelling wat Boplaas Family Vineyards in die Klein Karoo kan maak sonder vrees vir weerspreking na tallose toekennings oor die jare heen vir sy manjifieke portwyne gemaak van tradisionele Portugese kultivars. Die jongste lofbetuiging kom vanaf die 2017- South African Wine Index-kompetisie (SAWi) waar die Boplaas Cape Vintage Reserve aangewys is as die beste in Suid-Afrika.

Asof dit nie genoeg is om Boplaas se status as een van die land se voorste portprodusente te herbevestig nie, het die landgoed ook drie platinum-toekennings los geslaan vir sy Cape Vintage Reserve, Cape Tawny en Cape Tawny Vintage Reserve, asook ’n goue medalje vir die Boplaas Cape Vintage.

’n Indeks is ’n abstrakte, wiskundige konstruksie wat toegepas word om die verrigting van iets te meet. Die South African Wine Index is so ’n konstruksie en het ten doel die beoordeling van die gehalte van wyn om sodoende Suid-Afrika se heel beste wyne te identifiseer. Dit laat die kollig val op wyne wat voortdurend as uitsonderlik beskou en erken word.

Vir meer inligting, skakel 044 213 3326 of stuur ’n epos aan marketing@boplaas.co.za, of besoek www.boplaas.co.za.

EINDE