Internasionale beoordelaars wys SA brandewyn aan as wêreld se beste ... weer eens!

Die beste brandewyn ter wêreld!

Nóg ’n horde medaljes vir Suid-Afrikaanse brandewyn plaas weer eens die kollig op ’n kuns wat oor eeue heen vervolmaak is. Plaaslike produsente is weer eens uitgesonder tussen inskrywings van regoor die wêreld op vanjaar se International Wine & Spirits Competition (IWSC) in Londen waar nie minder nie as 27 medaljes los geslaan is. En asof dit nie genoeg is om oor te kraai nie, is die trofee vir die “beste brandewyn ter wêreld” aan die KWV 15 Year Old toegeken.

Die KWV 15 Year Old-potketelbrandewyn is as algehele wenner aangewys nadat dit een van die top drie Suid-Afrikaanse brandewyne was wat Gold Outstanding saam met die Oude Meester 18 Year Old en die Van Ryn's 20 Year Old ontvang het. Gold Outstanding word deur die IWSC beskyf as produkte met “kwaliteit van die hoogste orde”.

Klipdrift Gold, KWV 12 Year Old en KWV 20 Year Old het goue medaljes - produkte wat beskryf word as “superieure voorbeelde wat die standaard gestel het” - verower.

Suid-Afrikaanse brandewyne domineer jaarliks die IWSC. In 2016 het Suid-Afrikaanse brandewyn vir die eerste keer sowel die brandewyn- as die konjaktrofees by die wêreld se twee grootste spiritus-kompetisies ingepalm.

Die IWSC-trofee vir die “beste brandewyn ter wêreld” is ’n mylpaal wat KWV nou reeds agt maal bereik het.

Die IWSC is vanjaar 49 jaar oud en is gestig om die wêreld se beste wyne, spiritualieë en likeurs te huldig en te bemark. Dit is een van die wêreld se gesaghebbendste en vernaamste kompetisies omdat dit onder meer ’n beoordelingskedule het wat jaarliks oor sewe maande strek, ten minste sewe beoordelaars per paneel het, meer as 400 beoordelaars van meer as 30 lande insluit en ’n tweede rondte chemiese analise van die wenners insluit. Die IWSC se proses van “blind” proe, is betekenisvol want dit beteken dat die beoordelaars nooit die bottels of etikette van die inskrywings sien nie.

Die Suid-Afrikaanse brandewyne wat deur die IWSC-beoordelaars as “uitstekende voorbeelde van uitmuntende kwaliteit” beskyf is en Silver Outstanting ontvang het, was

Flight of the Fish Eagle,

Klipdrift Export

Klipdrift Premium

KWV 10 Year Old

KWV Imoya

Laborie Alambic

Ladismith 8 Year Old

Oude Meester Demant

Oude Meester 12 Year Old

Oude Meester VSOB

Oude Molen XO

Richelieu 10 Year Old

Uitkyk 10 Year Old

Van Ryn’s 10 Year Old

Van Ryn’s 12 Year Old

Van Ryn’s 15 Year Old en

Viceroy.

Silwer medaljes is aan Oude Molen 100 Reserve, Oude Molen VS, Oude Molen VSOP en Richelieu International toegeken.

Vir meer inligting, kontak Danie Pretorius, bestuurder: SA Brandewyn-Stigting by danie@sabrandy.co.za of besoek www.sabrandy.co.za

EINDE