Botrivier ’n kaleidoskoop van kleur & geur oor jaarlikse Lentenaweek

Kos, wyn en ander lekker dinge van die lewe wag op die jaarlikse Lentefees.

Volg die klein, blou geluksvoëltjie oor die reënboog na die jaarlikse Lentenaweek wat van 1-3 September na die pragtige klein dorpie, Botrivier, kom en in ’n kaleidoskoop van opwindende wyne, smullekker kos en egte, plattelandse pret ontplof.

Botrivier se inwoners het, net soos die reënboog-tema wat hulle vir vanjaar gekies het, ’n indrukwekkende reeks aktiwiteite en pret gekies wat net die beste van die streek ten toon stel. Om die natuur se ontwaking in al sy fasette te vier, sal al die deelnemende wynplase hul deure wyd oopgooi en besoekers gul uitnooi om hul kelderskatte en unieke plaaslike produkte te kom proe, in ’n inkopiereis van plaas tot plaas, wat hul spense tot barstens toe kan volmaak.

“Botrivier se wynkelders is ’n warm gemeenskap en die Lentenaweek is een van ons gunsteling-saamtrekke waar ons plase hul ryk erfenis en aanbiedinge met ander deel,” sê Melissa Nelsen van Genevieve MCC. “Dit is wat Botrivier ’n regte, klein reënboogdorpie maak, ’n plek wat ons trots ‘huis’ noem. En dis presies waaroor ons Oor die Reënboog-Lentenaweek gaan. Dis ’n viering van ons dorpie en omgewing se diversiteit in sy kleurvolle glorie.”

Die stemming vir die propvol naweekprogram word reeds by die gewilde Beste van Bot Wyne-ete op Vrydag, 1 September, geskep. Die ster van die aand is Forage-restaurant se uitvoerende sjef, Gregory Henderson, wat bekend is daarvoor dat hy die plaaslike velde fynkam vir bestanddele vir sy inheemse eet-ervarings. Hy sal saam met Higgo Jacobs, die hoof van die SA Assosiasie van Sommeliers, en sy mede-sommelier, Ewan Mackenzie, ’n kundige kos-en-wyn-pasmaat-ervaring skep wat gaste ’n kykie sal gee in wat die res van die naweek op hulle wag. Die ete word by Wildekrans-wynlandgoed gehou en kaartjies teen R850 per persoon kan deur www.quicket.co.za bespreek word en sluit ’n Lentenaweek-pas in.

Saterdag en Sondag sal Botrivier se deelnemende plase hul beste voetjies voorsit en elkeen ’n reënboogkleur uitbeeld. Dit sal die nuweling in die Botrivier-wynvalleifamilie, Arcangeli Family Vineyards, insluit. Die ander deelnemende plase is Barton Vineyards, Villion Wines, Luddite Wines, Genevieve MCC, Beaumont Family Wines, Gabriëlskloof-wynlandgoed, Rivendell Estate & Vineyards, Paardenkloof Estate en Maremmana Estate.

Vir meer inligting oor vanjaar se Botrivier Oor die Reënboog-Lentenaweek, kontak Melissa Nelsen by 083 302 6562 of melissa@genevievemcc.co.za. Vir akkommodasie-opsies in die omgewing, besoek www.botriverwines.com.

EINDE