Eerste algehele kampioenwyn ooit gekroon by Veritas

Suid-Afrika se heel eerste algehele kampioenwyn, 'n gehoute chenin blanc!

Die nuwe Veritas Vertex-toekenning vir die algehele kampioenwyn uit 1 638 inskrywings vir Veritas 2017 het die kalklig gesteel tussen 'n rekord aantal medaljes op die jaarlikse prysuitdeking in Kaapstad.

Die Veritas Vertex-trofee is toegeken aan die gehoute Spier 21 Gables Chenin Blanc, wat bygedra het tot Spier Wyne se merkwaardige prestasie van ses dubbelgoue en nege goue medaljes, die tweede beste presteerder algeheel by Veritas 2017.

Die Veritas Vertex-toekenning vir die top wyn in die jaarlikse kompetisie ontleen sy naam aan die Latynse word “vertex” wat “hoogste punt” beteken. Hierdie handgemaakte glastrofee, spesiaal vir die Vertex-wenner, is aan Spier se keldermeester, Frans Smit, en sy span oorhandig.

Suid-Afrika se grootse groothandelprodusent, Distell, het die louere ingepalm as die beste presteerder, nes verlede jaar, met sewe dubbelgoue en 18 goue medaljes.  Spier, in die tweede plek, is gevolg deur Kleine Zalze met vier dubbelgoue  en  vier goue medajes, KWV (drie dubbelgoud en sewe goud) en Diemersdal (drie dubbelgoud en  vier goud).

In die kategorie vir gefortifiseerde wyn was Nuy aan die voorpunt met een dubbelgoud en tien goud. Boplaas was tweede met een dubbelgoud en drie goud, terwyl Calitzdorp Kelder en De Krans gesamentlik derde was met een dubbelgoud en twee goud elk.  KWV het een dubbelgoud en een goue medalje vir die vyfde plek ingepalm.

Distell het ook geseëvier in die brandewyn-kategorie met ses dubbelgoue en twee goue medaljes. KWV het drie dubbelgoue en drie goue medaljes ge-oes.

Die beste presteerder per inskrywing was Neil Ellis Wyne in die afdeling vir tien wyne of minder, terwyl Distell ook die klas vir meer as tien inskrywings gewen het.

Vier uitblinkers van die wynbedryf – Walter Finlayson, Nicky Krone, Giel Swiegers en Hugo van der Merwe – het Lewende Legendes-ererolle ontvang ter erkenning van hul onmeetbare bydraes tot die Suid-Afrikaanse wyn- en brandewyn-bedrywe.

Altesaam 71 dubbelgoue en 193 goue medaljes is op Veritas 2017 toegeken.

Vir ’n volledige lys van die wenners, besoek www.veritas.co.za.

EINDE