SA se 10 beste sauvignon blancs bekend gemaak

Die wenners!

Die wenners van die 2017- FNB Sauvignon Blanc Top 10-kompetisie is bekend gemaak. Die kompetisie word sedert 2007 aangebied deur die Sauvignon Blanc- Belangegroep van Suid-Afrika (SBIG) en geborg deur FNB Business. Dit het oor die jare heen Suid-Afrika se vernaamste platform geword vir produsente van sauvignon blanc.

Die wenners wat vanjaar se gesogte Top 10-lys gehaal het, verskyn in alfabetiese volgorde en sluit die streek of distrik en wynmaker in:

Boschendal De Werf Sauvignon Blanc 2016 – Kus, Lizelle Gerber

Diemersdal Winter Ferment Sauvignon Blanc 2017 – Durbanville, Mari Branders

Groot Phesantekraal Sauvignon Blanc 2017 – Kaapstad, Etienne Louw

Highlands Road Sauvignon Blanc 2015 – Elgin, Vanessa Simkiss

Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2017 – Wes-Kaap, RJ Botha

Mulderbosch 1 000 Miles Vineyards Sauvignon Blanc (Wooded) 2015 – Wes-Kaap, Sean Griffiths

South Hill Vineyards Sauvignon Blanc 2016 –  Elgin, Sean Skibbe

Stellenbosch Vineyards Sauvignon Blanc 2017 – Stellenbosch, Bernard Claassen

Strandveld Pofadderbosch Single Vineyard Sauvignon Blanc 2016 – Elim, Conrad Vlok

Vrede en Lust Artisan Range Blanc Fumé 2016 – Elgin, Karlin Nel

Vanjaar se Sauvignon Blanc Top 10-wenners verteenwoordig ‘n goeie verskeidenheid van die voorste sauvignon blanc-produserende areas. Elgin is bo-aan die lys met drie verteenwoordigers. Twee wyne van die 2015-oesjaar en vier elk van die 2016- en 2017-oesjare het die Top 10-lys gehaal. Die wyne is gekies uit die Top 20-finaliste wat onlangs aangewys is.

‘n Vooraanstaande paneel van beoordeelaars, wat verskeie sektore in die plaaslike wynbedryf verteenwoordig, het die moeilike taak gehad om die 190 inskrywings deur 120 deelnemers te evalueer en om die beste sauvignon blanc-wyne van Suid-Afrika aan te wys.

Vir meer inligting, kontak die SBIG by 021 863 1599. Vind die jongste SBIG-nuus by www.sauvignonblanc.com.

EINDE