‘The Magic of Bubbles’ keer terug na Franschhoek

Sit ekstra vonkel in jou lewe!

Daar is baie aanhalings oor sjampanje (in Suid-Afrika bekend as MCC of Cap Classique) uit die monde van bekendes soos Dom Perignon, Dorothy Parker en Napoleon: “I am drinking the stars!”; “Three be the things I shall never attain: envy, content and sufficient champagne!”; en “I drink Champagne when I win, to celebrate, and I drink Champagne when I lose, to console myself!”

In Desember kry liefhebbers van een van die wêreld se gewildste drankies die geleentheid om hul eie “aanhalings” te skep tydens die jaarlikse “The Magic of Bubbles”, ’n fees van sjampanje in Franschhoek.

Haal dus vroegtydig jou treffendste uitrusting uit en maak gereed vir die sosiale geleentheid van die jaar. Staan uit in die skare terwyl jy teug aan van Suid-Afrika se voorste Méthode Cap Classiques (MCC) by vanjaar se Franschhoek Cap Classique- en Sjampanje-fees.

“The Magic of Bubbles” word op 2 en 3 Desember deur Mastercard aangebied en gaste kan ook ’n stelling maak met hul kleredrag in wit en swart, met ’n klein verrassende somer-element bygevoeg.


Met die ikoniese Hugenote-monument as agtergrond sal besoekers geen verskoning hê as om terug te sit, te ontspan en van die talle plaaslike MCC’s en uitgesoekte Franse sjampanjes te geniet nie. Die groot markiestent sal weer eens oorloop met styl, elegansie en sofistikasie. Hier kan gaste ook skouer skuur met MCC-produsente en ’n handjievol internasionale handelsmerke.

Behalwe die keur van plaaslike Cap Classiques en Franse sjampanjes om die smaakkliere te tokkel, sal plaaslike restaurante sorg dat gaste nie honger ly nie.

“Die Franschhoekse Cap Classique- en Sjampanje-fees het reeds ’n hoogtepunt op Suid-Afrika se sosiale kalender geword,” sê Aleksandra Babic, Mastercard se bemarkings- en kommunikasiedirekteur vir Afrika. “Ons is opgewonde om weer hierdie eksklusiewe en uitsonderlike ervaring te deel met mense wat mal is oor goeie borrels en uitsonderlike kos.”

Kaartjies kos R375 per persoon en sluit toegang tot die fees - wat daagliks tussen 12nm en 5nm oop is - en ’n komplimentêre glas en proekoepons in. Addisionele koepons kan by die fees gekoop het. Kinders onder 18 jaar kry gratis toegang.

Bespreek direk by www.webtickets.co.za, maar maak gou, want kaartjies is beperk. Gebruik jou Mastercard-kaart om te betaal en ontvang 10 persent afslag op jou kaartjie-aankope én 10 persent afslag op alle aankope by die fees.

EINDE