’n Vol dag vol genot wag op Anthonij Rupert Wyne en L’Ormarins

Die pragtige herehuis op Anthonij Rupert Wyne waar wyn in styl geproe kan word.

Die somer is hier en dis weer tyd vir kortbroek, T-hemp en plakkies! O ja, en kos en wyn wat ’n glimlag na die gesig bring. En as jy boonop ’n motorentoesias is, kan jy dit alles ervaar in die Franschhoek-wynvallei waar die natuurskone Anthonij Rupert Wyne en L’Ormarins wag om elke dag ’n genotvolle ervaring te maak.

Hierdie twee bekende en bekroonde landgoedere is landwyd bekend vir hul kos- en wynaanbiedings, en L’Ormarins se wêreldbekende en indrukwekkende motormuseum het geen bekendstelling nodig nie. Dis waar seuns van alle ouderdomme hoendervleis kry!

Om ’n besoek uniek en onvergeetlik te maak, het die landgoedere nou ’n “alles-in-een”-pakket wat besoekers ’n hele dag se vermaak bied. Vir net R495 per persoon sal gaste op die volgende sensoriese en visuele genietinge trakteer word:

’n Wynproe by die Terra del Capo-proelokaal,

’n Antipasti-middagete (die spyskaart verander saam met die seisoene),

’n Begeleide wynproe by die Anthonij Rupert Wyne-proelokaal,

’n Besoek aan die Franschhoekse Motormuseum waar ’n onberispelike uitstalling van 80 klassieke motors wag, en

’n Tremrit deur ’n prentjiemooi natuurskoon wat besoekers die geleentheid bied om die majestieuse uitsigte van die landgoedere en die omliggende Franschhoek-wynvallei te geniet.

Vir besoekers se gerief kan die pakket vooraf aanlyn gekoop word by www.rupertwines.com, of by enige van die besoekerbestemmings op die plaas.


Met die landgoed se tremdiens (bo) wat elke uur op die uur vertrek, kan besoekers soveel tyd by elke gasfasiliteit deurbring as wat hulle wil voor hulle aanbeweeg na die volgende punt. Dit neem dus reisigers met genoeg tyd op hande sowel as diegene met minder tyd tot hul beskikking in ag. Gaste word egter aanbeveel om ’n minimum van vier uur vir die hele pakket opsy te sit om die meeste uit die besoekerervaring te haal.

Die ARW Landgoedpakket is ideaal vir toergroepe, maatskappy-aansporingsgroepe, spanbou-uitstappies, om iemand met ’n spesiale dag te bederf, of bloot om ’n lekker dag met vriende en familie in die Franschhoek-vallei te geniet.


BO: Genoeg om enige mens se mond te laat water, en daar's baie van hulle te sien, van toeka se dae tot meer onlangs.

Besoeke aan die plaas moet vooraf gereël word. Vir meer inligting of om ’n besoek te reel, kontak die landgoed by 021 874 9004 of tasting@rupertwines.com.

EINDE