Jongste Whisky Bible vereer Glen Grant ... weer eens!

Een van elk, asseblief!

Die Whisky Bible, Jim Murray se gesaghebbende gids vir whiskyliefhebbers oraloor, het Glen Grant weer eens aangewys as een van die wêreld se beste.

Die vlagskip- 18 Year Old Single Malt is gekies as een van die wêreld se beste drie whiskies vir 2018. Vir hierdie onderskeiding het dit meegeding met whiskies van alle style en ouderdomme wat nie net in Skotland gemaak word nie, maar ook in Ierland, die VSA, Kanada, Japan en Australië.  Dit is die tweede keer dat hierdie luukse-enkelmoutwhisky opgeneem is in die lys van Murray se gunstelinge vir die jaar.

Dit is ook die tweede agtereenvolgende keer dat Glen Grant se 18 Year Old Single Malt bekroon is as Skotse Whisky van die Jaar en Enkelmout van die Jaar, asook as die beste enkelmout in die ouderdomskategorie 16 tot 21 jaar.

Wat hierdie skaars whisky onderskei, is ryk blomgeure in die neus, moutagtige karamel, rosyne en vanielje op die tong en ? lang, soet nasmaak.

Dit is egter nie die enigste onderskeidings wat Speyside se beroemde gars-tot-bottel-distilleerdery in Rothes in die Whisky Bible te beurt val nie. Vir die sesde agtereenvolgende jaar het Murray Glen Grant se 10 Year Old Single Malt aangewys as die beste enkelmout van tien jaar en jonger. Die whisky het ook ? goue medalje in die International Wine & Spirit Competition verwerf.

Glen Grant, wat in 1840 in Rothes gestig is, is ook bekend vir die ontwikkeling van ? lang potketel vir ? gladder, fyner getekstureerde enkelmoutstyl en -geur. Dit het destyds tot ? revolusie in die maak van whisky gelei en plaas Glen Grant steeds in ? klas van sy eie.

Van die delikate Major's Reserve (wat sowat R270-00 kos) tot die ryker 10 Year Old Single Malt (sowat R400-00), die heuninggeurige en speseryagtige 12 Year Old (sowat R500-00) en die seldsame en merkwaardig intense 18 Year Old (sowat R1 400-00) bestaan daar ? onmiskenbare bloedlyn van verfyning.

EINDE