Stellenbosch Hills stel sy eerste Polkadraai-vonkelwyn bekend

Polkadraai Sauvignon Blanc Sparkling Brut van Stellenbosch Hills.

Dis tyd om fees te vier met die jongste “borrels in ’n bottel” van Stellenbosch Hills. Hierdie splinternuwe toevoeging tot die prettige Polkadraai-wynreeks is ook hierdie bekende wynmakery se heel eerste vonkelwyn van sauvignon blanc, die Polkadraai Sauvignon Blanc Sparkling Brut 2017.

“Ons Polkadraai Sauvignon Blanc Sparkling Brut 2017 is onpretensieus en geurvol en neem niks te ernstig op nie - dis net ’n heerlike vonkelwyn wat goeie tye net nog beter sal maak,” sê die wynmaker, James Ochse. “Ek hou daarvan om daarna te verwys as die ‘pretbus na gelukland’ waar die voorspellings altyd ’n 100% kans vir borrels is.”

Die Polkadraai Sauvignon Blanc Sparkling Brut 2017 sluit by die reeds gewilde Polkadraai Pinot Noir Sparkling Rosé in Stellenbosch Hills se reeks Polkadraai-vonkelwyne aan. Die nuweling is droër in styl, propvol lieflike vrugtegeure en speel met ’n verfrissende suur op die tong. Na elke slukkie talm die nasmaak van tropiese vrugte en ’n sweempie lietsjie, appelliefie en groenvy. Dis op sy heel beste as dit verkoel is en kan net so op sy eie geniet word, of saam met oesters; ’n Caprese-slaai van vars mozzarella, tamaties en soet basiliekruid of ’n romerige Alfredo-pasta waarop die Parmesaan en botter dik lê.

Die bottel spog met dieselfde “polka dot”-kleure wat die Polkadraai-reeks onmiddellik laat uitstaan. Die Polkadraai Sauvignon Blanc Sparkling Brut 2017 is ’n moet-hê of jy nou ’n string partytjies beplan vir die feestyd, iets in gedagte het vir Valentynsdag, of net by die swembad wil ontspan. Hou sommer ‘n paar bottels van dié borrel-genot in jou yskas, net vir ingeval die lus vir ‘n goeie tyd jou oorval.

Die Polkadraai Sauvignon Blanc Sparkling Brut 2017 is slegs by die kelder of aanlyn beskikbaar en kos R60 per bottel.

Stellenbosch Hills is geleë op die hoek van die R310 en Vlottenburgpad buite Stellenbosch. Die proelokaal is van Maandag tot Vrydag van 9vm tot 5nm oop en Saterdae van 10vm tot 3nm. Dis gesluit op Sondag en openbare vakansiedae.

Vir meer inligting, skalel 021 881 3828/9 of stuur ’n aan info@stellenbosch-hills.co.za, of besoek www.stellenbosch-hills.co.za.

EINDE