L’Ormarins brei sy reeks vooraanstaande MCCs uit

Drink die sterre!

Methodé Cap Classique (MCC) verander elke geleentheid in ’n viering en die jongste vonkelwynaanbieding van L’Ormarins is juis daarop gemik om alle geleenthede te vier. Met pinot noir wat die botoon voer en sorg vir die L’Ormarins Brut Classique Rosé NV se delikate salmkleur het, is hierdie Cap Classique die ideale manier om hierdie feesseisoen met familie en vriende te vier.

L’Ormarins se Brut Classique Rosé NV is ’n vonkelwyn met ’n konstante stroom borreltjies wat heerlike geure van framboos en aarbeie ten toon stel. Die borreltjies bruis speels in die mond en die geure vloei heerlik saam in ’n simfonie wat ryk, romerige moer, beskuitjies en ’n heerlike suur insluit. Dis ’n genotvolle MCC met puik struktuur, lengte en ’n talmende nasmaak.

Hierdie Cap Classique is daarop gemik om elke geleentheid te vier en moet verkil aangebied word, op sy eie of byvoorbeeld as metgesel vir ’n vars somerslaai met bokkaas en ’n framboos-vinaigrette. Skop enige samesyn af met hierdie vonkelwyn of eindig die ideale maaltyd daarmee saam met ’n aarbeitert.

Die L’Ormarins Brut Classique Rosé NV is by die proelokaal beskikbaar teen R120 per bottel of landwyd by uitgesoekte wynwinkels.

EINDE