Lautus Savvy White – al die plesier … sonder die skuldgevoelens

Wyn sonder alkohol!

Ontmoet Lautus Savvy White, Suid-Afrika se eerste wyn wat op ’n unieke manier gemaak word met net een doel voor oë, naamlik om die beste van die wyndruif op die gesondste moontlike manier te lewer. Hoewel Lautus Savvy White op die tradisionele manier gemaak word, is daar egter ’n ekstra stap net voor bottelering waar die alkohol deur ’n spesiale tegniek verwyder word … sonder om Moeder Natuur se heilsaamheid en geur in te boet.

Hierdie nuwe “skuldvrye” wyn is heerlik, maar laag in kalorieë (52 kJ per 100ml) en bevat minder as 0,5% alkohol per volume - dieselfde hoeveelheid as die tweedagoue lemoensap in die yskas. Dit beteken dis ook beter vir die gesondheid. In ’n wêreld waar vergryping die norm geword het, is Lautus ’n sonstraal. Dit word in sy natuurlikste vorm geniet, sonder die beperkinge van alkohol.

Die naam verklap die wynmaker se einddoel: Lautus is Latyn vir “suiwer, elegant en heerlik”. Dis alles wat jy hierdie somer wil wees.

Lautus Savvy White is ideaal vir ma’s, swanger vroue, gesondheidsbewustes, aangewese bestuurders en diegene wat hul figure dophou. In Lautus se geval beteken lae alcohol ook nie lae geure nie. Die gehalte van die druiwe wat gebruik word - tesame met subtiele wynmaaktegnieke - verseker dat Lautus Savvy White se elegansie versterk word deur heerlike geure van tropiese vrugte wat gebalanseer word deur ’n vars suurheid en ’n lang en bevredigende nasmaak.

“Ons het lank gewag vir ’n Suid-Afrikaanse ‘de-alkoholiseerde’ wyn wat ook lekker smaak,” sê die Kaapse Wynmeester, Allan Mullins, die wynkonsultant vir Woolworths. “Woolworths is trots om sy naam aan Lautus Savvy White te koppel. Die terugvoer is ongelooflik.”

Lautus Savvy White begin sy lewe in koelklimaatwingerde waar die druiwe keurig uitgesoek word vir hul suur-inhoud en optimale rypheid. Noukeurige wynmaakprosesse volg om die vrug se natuurlike karakter te beskerm. Die alkohol word dan versigtig verwyder voordat dit gebottel word.

Soos met enige wyn van goeie gehalte en ’n natuurlike varsheid is Lautus die ideale pasmaat vir slaaie en ligter disse met witvleis - hoender of vis.

Lautus Savvy White word deur Holder Vineyard & Wines gemaak en is beskikbaar by uitgesoekte Woolworths-takke en aanlyn by www.drinklautus.com teen R59.95 per bottel.

EINDE