Focus/Fokus

Wine producers, winemakers, wines, etc./Wynprodusente, wynmakers, wyne, ens.

Knorhoek laat jou grom van pure lekker!

Die golwende wingerde van Knorhoek teen die hange van die Simonsberg.

“De plaats waar de leeuwen knorren.” Oftewel die plek waar die leeus grom. Dis Knorhoek aan die voet van die majestieuse Simonsberg. En dis ‘n storie wat terug dateer na die laat 1600s toe boere die eerste keer die potensiaal van die grond aan die voet van hierdie berg naby Stellenbosch raak gesien het.

Laborie ‘n toonbeeld van goeie smaak

Laborie se herehuis (regs) en gastekamers (links) word omring deur die mooiste natuurskoon.

Ek is nie groot op “politieke korrektheid” nie en glo steeds dat 6 April 1652 een van die belangrikste datums in Suid-Afrika se geskiedenis is, miskien selfs die heel belangrikste, want Jan van Riebeek se aankoms aan die suidpunt van Afrika het onder meer gelei tot die vestiging van ‘n wynbedryf waarop alle Suid-Afrikaners kan trots wees. Dit was onse Jan en ander wat hom gevolg het wat gesorg het dat Suid-Afrika vandag ook kan spog met juwele soos Laborie aan die voet van die Paarlberg.

Shannon Vineyards is a name to watch out for!

James and Stuart Downes of Shannon Vineyards,where true wines are made.

Shannon Vineyards is situated in the Elgin Valley within the Kogelberg Biosphere with mountains on its western boundary and the Palmiet River forming the eastern boundary.

 

The Elgin Valley, which has long been regarded as the apple and pear centre of South Africa, now has some of the country's most highly regarded winemakers establishing vineyards in the area, testament to its obvious winemaking potential.

Met dapper en stapper deur die wynlande

Kort na die wegspring op die eerste dag en almal is opgewonde oor wat op ons wag.

Ek het dit dekades gelede dikwels in ‘n fô-baai-fô gedoen, en later ook op die rug van ‘n veldmotorfiets of drie. Meer onlangs het ek dit op kwadbaaiks gedoen, en ek doen dit steeds van tyd tot tyd op my bergfiets. Dit is egter met dapper en stapper dat ek besef het die beste manier om die natuur te geniet en te ervaar, is per voet.

 

Hierdie besef het gekom tydens ‘n staptog oor drie dae in die voetheuwels van die Hawekwaberge en valleie rondom die Paarl en Wellington, bekend as die Wellington Wine Walk van Obiqualand Tours. Ek was deel van ‘n groep van 11 mense van ‘n “meer volwasse en wyse” ouderdomsgroep.

'n Dag van wyn, afval, skaapkop en baie meer!

Albert, Monika, Roy en Gideon proe dat die biesies bewe aan Lutzville se liplekker-wyne.

Die Weskus en ek het ‘n besonderse verhouding. Dit verteenwoordig vir my goeie kos, goeie wyn en goeie geselskap. Elke geleentheid om dus in daai geweste te gaan kuier, gryp ek met albei hande aan.

 

Dit is dus nie vreemd dat ek en die mense van die Weskus-wynroete mekaar teen hierdie tyd redelik goed ken nie! Toe hulle my dus eendag vra of ek nie ‘n wynrubriek of twee (dis nou met sogenaamde celebrities!) in daai geweste wil kom doen nie, het ek nie ‘n breukdeel van ‘n sekonde gehuiwer nie.

Ontgin vloeibare goud by Stellenbosch!

Annareth en Ielanda maak hulle gereed vir Van Ryn's se bekende brandewyn-, sjokolade- en koffieproe.

George Saintsbury het brandewyn as volg beskryf: “Brandy is a cordial consisting of 1 part thunder and lightning,1 part remorse, 2 parts bloody murder, 1 part death-hell-and-the-grave, and 4 parts clarified satan!”

 

Anna Davel besing Nuy se rooies

Christo Pienaar, Anna Davel en Charl Rabie, voorsitter, geniet Nuy se nektar.

If a life of wine, women and song becomes too much, give up the singing. Die onbekende wysneus wat dit kwyt geraak het, het beslis nog nie vir Anna Davel hoor sing nie! Maar hierdie sangeres sing nie net soos ‘n engel nie, sy’s deksels mooi ook en ek wonder hoekom sommige mense met so baie geseën word!

 

“Anna Davel sing soos dit ‘n regte diva betaam” was die opskrif van ‘n resensie in hierdie koerant in Julie vanjaar. In dieselfde rubriek is geskryf: “Ons eie Davel is meer soos die sangeresse wat ‘n mens altyd in rolprente oor die swing- en jazz-eras sien.”

Kos, wyn en samesyn seëvier op Bilton en by die Dalla Cias!

Giorgio, Tossie en Rudi in die verouderingskelder op Bilton.

Est! Est! Est! Dit is! Dit is! Dit is! Na ‘n dag van wyn uit die boonste rakke, Italiaanse kos wat jou smaakkliere ‘n rieldans laat uitvoer en geselskap wat nuwe betekenis gee aan die Franse bonhomie, is dit hoe mens jou ervaring kort en kragtig beskryf. Est! Est! Est! Dit is! Dit is! Dit is!

 

Wit of rooi, SuperVan en Haastige Hannes laat hulle nie afskrik nie!

Dit was die stadigste wat Hannes (agter) en Sarel (regs) seker nog ooit gery het! Alan is aan die stuur.

Smaak verskil, of dit nou oor mans, meisies, motors of modes gaan. En so ook met wyn. Wat die een mens se smaakkliere al jillend aan’t toi-toi sit, laat ‘n ander s’n toeslaan soos die spreekwoordelike klei-os se jy-weet-wat.

 

Stellar Winery leads the way in organic farming

Willem Rossouw and Berty Jones of Stellar Organics boast with their organic wines. With reason!

Stellar Organic Winery, situated in Trawal 275 km north of Cape Town on the N7, is the largest producer of fine organic wines in South Africa. The privately owned cellar makes use of a semi-arid climate, unrivalled refrigeration capacity and extensive in-house engineering skills to produce modern, organic Fairtrade wines.

 

Sindikeer inhoud