Focus/Fokus

Wine producers, winemakers, wines, etc./Wynprodusente, wynmakers, wyne, ens.

Allesverloren se Tinta Barocca en Port plettervat Corné Krige!

Corne, Juanita en Danie by die 'swart gevaar', Renault se blitsige Megane F1 en 'n bekvol!

Wat het “Rondom Lelik”, “broffie” en “swart gevaar” in gemeen? Wel, eintlik niks nie, maar dis drie dinge wat eendag nie te lank gelede nie op die Allesverloren-wynlandgoed daar in die Riebeek-vallei anderkant Malmesbury vir my bymekaar gekom het.

 

Die Nagtegaals sing oor Swartland se wyne!

Dirk, Jackie en Andries klink 'n glasie op Swartland Kelder se puik wyne.

WC Fields het eendag gesê dat ‘n vrou hom na drank gedryf het en dat hy nooit eers die ordentlikheid gehad het om haar daarvoor te bedank nie!

 

Wel, as jy ‘n draai by Swartland Kelder gaan maak en van hul spoggerige wyne proe, sal jy beslis weet wie om te bedank! Maar ek loop myself nou vooruit.

 

Diemersdal se Sauvignon Blanc en Merlot boul Danie uit

Thys, Danie en Tienie geniet 'n wittetjie in die glas saam met 'n rooietjie op die bord.

Oorlede Ronnie Melck van Muratie- en SBW-faam het baie jare gelede twee verwarde Matie-studente só geantwoord op die vraag wat die beste rooi- en witwyn is: “Die beste wyn is die wyn waarvan jy die meeste hou.”

 

Port en Allesverloren se lang pad

Allesverloren Port.

Allesverloren is die oudste wynlandgoed in die Swartland-distrik en alombekend vir sy puik port- en rooiwyne. Hierdie prominente familieplaas teen die hange van Riebeek-Wes se Kasteelberg se ryk geskiedenis dateer terug na ongeveer 1690 toe Goewerneur Willem Adriaan van der Stel dit aan ‘n sekere weduwee Cloete toegeken het. Die dapper vrou was een van die eerste setlaars wat die durf en moed gehad het om na die onherbergsame Swartland-gebied te trek. Hulle moes lang, veeleisende trekke op waens langs primitiewe paaie na Stellenbosch onderneem om gereedskap en lewensmiddele aan te koop. Met hul terugkeer van só ‘n reis in 1704 het die setlaars op hul geplunderde plaas, waarvan die opstal tot op die grond afgebrand is, afgekom.

Oom Piet, Hempies vier 50 jaar van rooiwyn maak!

Oom Piet en Hempies du Toit by daai bottel Cabernet Sauvignon. Vanjaar vier hulle 50 jaar van rooiwynmaak.

Vyftig jaar van rooiwyn maak, is geen geringe prestasie nie. En as dit ook nog oor twee geslagte uit dieselfde familie heen gaan, raak die prestasie net soveel meer spesiaal.

 

Bekendes se wynvoorkeure

Nina Swart, Terblanche Jordaan, Lize Beekman en Dieter Voigt by Darling Kelders vir die piekniek- en bokswynrubriek.

Toe ek die Buite met Bacchus-wynrubriek in Die Burger se weeklikse Buite-bylae begin het, ek kan nie meer onthou hoe lank gelede nie, was die doelwit tweeledig, naamlik om meer mense te kry om wyn verantwoordelik en met waardering te geniet en ervaar, en om mense uit hul gemaksones te kry en ons natuurskone wynlande te besoek en al die juwele te ontdek.

 

 

Sindikeer inhoud