“Daar is net een perfekte wynmaker en Hy sit daarbo en stuur elke jaar ‘n paar ‘curve balls’ of ‘bouncers’ na ons hier op aarde om ons te toets en uit te daag om Hom te probeer nadoen,” sê DP Burger, die bestuurder/wynmaker op GlenWood in die Robertsvleivallei buite Franschhoek. “Dis wat wingerdbou en wynmaak so opwindend, uitdagend en dinamies maak.”
Maar wat het van ’n vyfde geslag-Franschhoeker, wie se groot-oupa glo gesien het hoe die laaste olifant die Franschhoek-vallei in 1868 verlaat het, een van die land se voorste chardonnay-makers gemaak? En hoekom het hy juis GlenWood gekies?