Kos&Wyn/Food&Wine

Vir die smulpape/For the gastronomes..

Tien reëls vir kos- en wynparing

Heerlike kos, heerlike wyn en die regte mense, die bestanddele vir 'n heerlike lewe.

‘n Biskop van Seville in Spanje het eendag glo gesê: “Ek geniet uitstekende gesondheid op ‘n hoë ouderdom omdat ek elke dag vandat ek kan onthou ‘n bottel wyn geniet, behalwe wanneer ek nie lekker voel nie. Dan geniet ek twee bottels.”

 

‘n Man so na my hart! Ek glo darem dat hy die wyntjies met kos afgesluk het, en soos ek die Europeërs ken, was dit nie kos wat met die wyn gestry het nie.

 

Pasmaats op die bord en in die glas

Wanneer kos en wyn mekaar komplementeer, is dit 'n gastronomiese ervaring soos min!

 

 

Sommer in die heel eerste kursus wat ek by die Kaapse Wynakademie (KWA) gedoen het, het hulle die tweede van my vele passies aangeraak, kos. Ons het eers na die geskiedenis van wyn gekyk, toe wynproe beloer, toe wingerdbou en wynkunde aangeraak, en toe kos en wyn nader gesleep.

 

Die kuns, al dan nie, van kos- en wynparing

Kos en wyn moet mekaar komplementeer, maar wees gerus avontuurlustig.

 

Kos- en wynparing is ‘n hoogs subjektiewe en onakkurate proses. Die meeste van ons het groot geword met die tradisionele kleurformule wat kos en wyn betref, naamlik rooiwyn saam met rooivleis en witwyn (verkieslik droog) saam met vis en wit vleis. O ja, en soetwyn saam met nagereg.

 

Sindikeer inhoud