Menings/Views

Menings oor wyn en wynverwante aangeleenthede/Views on wine and wine related maters. bacchus@planeetwyn.co.za.

Het wit versnitwyne ‘n toekoms?

Philip Jonker in die wingerd op Weltevrede.

Verbeel ek my of proe ek deesdae al hoe meer wit versnitwyne? Of is ek maar net baie bevoorreg as wynskrywer en het wit versnitte nie skielik opgang begin maak nie?

 

Ek praat nie van iets soos ‘n sauvignon blanc met ‘n spoegsel nouvelle of semillon by nie, ek praat van behoorlike wit versnitte soos daai wonderlike Ingenuity van Nederburg wat uit nie minder nie as 8 kultivars bestaan. Of ‘n regte, egte versnit wat uit byvoorbeeld drie wit kultivars bestaan.

Nuwe kultivars dalk die antwoord

Eben Sadie.

‘n Mens boer met iets wat jy kan verkoop en waarmee jy kan geld maak. Maar om dit reg te kry, moet jou produk òf uitstaande òf uniek wees – en hier lê die knoop.

 

Dis die mening van wynmaker Eben Sadie, wat vas oortuig is dat wynboere hier met wyndruifkultivars sit wat nie in die Kaap hoort nie, maar weens die vraag op die wêreldmark dit hier aangeplant het.

 

Gaan aardverhitting tot nuwe kultivars lei?

Aardverhitting raak ons almal. En dis beslis nie net ‘n “paai in die skaai”-filosofie van wetenskaplikes nie. Nes ons almal ‘n bydrae lewer tot aardverhitting, moet ons almal verantwoordelikheid daarvoor aanvaar en ons lewenswyses verander en aanpas om dit teen te werk.

 

Die spaarsamiger gebruik van energiebronne is een manier waarop ons ‘n bydrae kan maak. Kleiner voertuie en voertuie wat baie meer energiedoeltreffend is, is ‘n ander. Daar is vele meer.

Kan pinotage SA se vlag wêreldwyd laat wapper?

 

Suid-Afrika se enigste, rasegte rooi kultivar, pinotage, het ‘n baie steil bult om te klim om die wêreld se ikoniese rooies te onttroon, maar kan hy darem die SA vlag met trots oor die aardbol heen laat wapper?

 

Pinotage, ‘n samevoeging van pinot noir en hermitage (of cinsaut), het reeds vir homself ‘n gerieflike tuiste in Suid-Afrika geskep waar hy in sy verskillende style geniet word. Hoekom sukkel hy egter so om wêreldwyd naam te maak?

Doen 'fly-by-nights' die wynbedryf skade aan?

Ek het die afgelope ruk by ‘n hele paar wynmakers uitgekom wat gekla het oor nie-wynmakers wat groot maat wyn aankoop, dit dan bottel, hul eie etikette opplak en die wyn dan vir goedkoper as die wynmaker van die hand sit.

 

Proe, waardeer en geniet!

Alkie van der Merwe, wynmaker van Major's Hill, wys dat wynproe rustig en genotvol moet wees.

Kyk, wynproe lyk seker dikwels vir die oningeligte en ongeïnisieerde baie geheimsinnig, kompleks en pretensieus, maar dis eintlik baie eenvoudig en lekker. En baie beslis nie net vir kenners en fynproewers nie.

 

Die hele affêre kom neer op drie sleutelelemente, naamlik dit wat jy sien, dit wat jy ruik en dit wat jy proe.

 

Kan chenin blanc SA se wit ikoon met wêreldstatus word?

 

Ondanks die feit dat ons wyne maak wat met die beste in die wêreld vergelyk en hulle dikwels ook uitstof, word daar tog baie gepraat oor die feit dat Suid-Afrika nie ikoonwyne het, wit of rooi, wat in die buiteland as wêreldklas beskou word nie.

 

SA wines step onto the world stage

You don't have to be gorgeous or naked to enjoy SA's great wines!

by Eric Asimov

 

FORGIVE me if I'm excited, but I can't help it. I want to tell you straight out that South Africa, of all places, is one of the greatest sources for moderately priced cabernet sauvignon on the planet today.

Kurkprop vs skroefdop: die kenners praat!

girls.jpg

Dit het my jare gevat om gewoond te raak aan skroefdoppe. Miskien was dit misplaaste snobisme aan my kant, maar ‘n kurkprop was vir baie jare die enigste toemaakmiddel wat ek in my wynbottels wou gehad het. Dit was tradisioneel en soort van ‘n bewys van gehalte. ‘n Skroefdop het wyn vir my op ‘n manier “goedkoper” gemaak, baie van die voggies se glans vir my weg gevat, dit half kommin gemaak.

 

Die beste wyn is ...

Die beste wyn is ... die wyn wat jy saam met hulle geniet!

The best kind of wine is that which is most pleasant to him who drinks it. – Pliny the Elder, Natural History.

Die beste wyn is die een waarvan jy die meeste hou. – Ronnie Melck, Muratie en SBW.

Sindikeer inhoud