Vat die Helshoogtepad uit Stellenbosch uit, stop dan reg bo-op die kruin en kyk in die Banhoekvallei (ook bekend as Banghoek) af. As daai prentjiemooi toneel jou nie aan die paradys of ten minste ‘n poskaart laat dink nie, wel ...
Reg voor jou, daar waar die vallei hom teen Helshoogte vasloop, lê Alluvia, ‘n boetiekwynmakery wat nie net wyn maak wat jou smaakkliere laat rieldans nie, maar ook verblyf bied wat jou laat verstaan hoekom hul brosjure praat van “a match made in heaven”! Dis nou tussen natuurskoon, wyn en verblyf.