Nuus/News

Wat gebeur op die wynfront/What is happening on the wine front.

Distell stel omgewingskundige aan

Jacques Rossouw.

Distell het pas ? omgewingsbestuurder, Jacques Rossouw, aangestel om sy koolstofvoetspoor te help verklein. Volgns Dr. Gert Loubser, die maatskappy se direkteur van gehaltebestuur en navorsing, sal Rossouw onder meer betrokke wees by die meting en bestuur van kweekhuisgasse wat deur Distell se bedrywighede vrygestel word. 

 

Rossouw, wat voorheen in Australië by omgewingsregulering betrokke was, was tot onlangs die bestuurder van die Suid-Afrikaanse wynbedryf se omgewingsvolhoubare Geïntegreerde Produksie van Wyn (IPW)-program wat as die mees progressiewe van sy soort ter wêreld beskou word.

Toekenning beklemtoon wyntoerisme se sterk punte

Met natuurskoon soos hierdie kan wyntoerisme net van krag tot krag gaan.

Die Kaapse Wynlande staan ‘n goeie kans om ’n groter deel van toerisme se jaarlikse bydrae van bykans R160 miljard tot die land se BBP in te palm, sê André Morgenthal, ’n lid van die plaaslike tak van die Great Wine Capitals Global Network, wat inskrywings vir die Best of Wine Tourism Awards, wat nou reeds die sewende jaar aangebied word, versoek.

 

Nuwe Eikendal Semillon ‘n kosmos van elegante geure

Eikendal Semillon 2008.

Eikendal, die prominente Kaapse wynkelder geleë aan die voet van die Helderberg, het sopas sy eerste witwyn vir 2009 bekendgestel – die ryk, stylvolle Semillon 2008.

 

Moeilike oes maar uitstekende oesjaar, sê Distell

Willem Rossouw en Berty Jones van Stellar Organics spog met hul organiese wyne.

Die gehalte van vanjaar se wyndruiwe-oes is in alle opsigte voortreflik, sê Erhard Wolf, hoof van Distell se druiwe- en wyn-aankope. ? Plukseisoen wat meer as ? maand korter as gewoonlik was, het egter enorme druk op plukspanne en keldergeriewe geplaas.

 

Eerste Vintage Port vir Monis se bekroonde reeks

Monis Vintage 2006.

Monis, produseerder van Suid-Afrika se mees bekroonde gefortifiseerde wyne, verleen ‘n nuwe dimensie van elegansie en finesse aan topgehalte Kaapse port met die bekenstelling van sy eerste Vintage Port.

 

Pongrácz pronk met ‘n nuwe, gesofistikeerde Brut Rosé

Die pragtige Elunda Basson, JC le Roux se wynmaker van formaat.

Sommige mense is darem maar meer geseënd as ander, né! Vat nou byvoorbeeld vir Elunda Basson, die vonkelwynspesialiste JC le Roux daar in die Devonvallei net buite Stellenbosch se wynmaker. Nie net maak sy wyn en vonkelwyn wat jou reg rondom jou kop breed laat glimlag nie, sy’s boonop ook nog mooi en het ‘n persoonlikheid wat selfs meer vonkel as haar lieflike vonkelwyne.

 

Eikendal se rooi versnit skitter in Berlyn

eikendal.JPG

 

Eikendal, geleë aan die voet van die Helderberg in ‘n gebied bekend vir wêreldklas-rooiwyne, het Suid-Afrika se naam hoog gehou tydens die Berlin Wine Trophy 2009-toekennings met sy Bordeaux-styl rooiwynversnit wat met die hoogste lof besing is by dié jaarlikse internasionale kompetisie.

 

Barrydale stel beperkte Joseph Barry Cape Pot Still Brandy 10 Year vry

'n Brandewyn vir die fynproewer, die Joseph Barry Cape Pot Still Brandy 10 Year.

 

Brandewyn is so deel van die Suid-Afrikaanse kulturele omgewing soos sonskyn, braaivleis en rugby, en word met ‘n verskeidenheid mengeldrankies geniet. Maar wanneer iemand vir jou ‘n brandewyn met karakter aanbied, drink dit tog skoon, of dan net met ‘n bietjie water en/of ys.

 

So ‘n brandewyn is die pas uitgereikte Joseph Barry Cape Pot Still Brandy 10 Year waarmee die Barrydale Wynkelder in die Klein Karoo 'n onblusbare gees in sy midde verwelkom.

Egte Suid-Afrikaanse goud van Klipdrift

Klipdrift Gold vir daai goue mondgevoel!

 

Klipdrift Gold, reeds ’n internasionale medaljewenner, het onlangs die meeste punte in sy kategorie verwerf en ’n silwer medalje ingepalm by die hoogs gerekende International Wine and Spirit Competition in London.

 

Hierdie luukse potketelbrandewyn word by Suid-Afrika se geliefde Klipdrift-distilleerdery op Robertson gemaak en sluit ’n verskeidenheid van uitmuntende potketelbrandewyne van tot 21 jaar in.

 

Skryf in vir jaarlikse Blaauwklippen-versnykompetisie

Blaauwklippen se versnykompetisie is weer om die draai.

 

Enige wynklub kan vir hierdie unieke kompetisie – wat reeds vir die afgelope 26 jaar plaasvind – inskryf. Dít maak hierdie kompetisie een van die oudste wynkompetisies in Suid-Afrika. Geen spesialis wynkennis is nodig nie, slegs lidmaatskap aan ? wynklub, asook ? smaak vir goeie wyn.

 

Sindikeer inhoud