Nuus/News

Wat gebeur op die wynfront/What is happening on the wine front.

Lomond se ekoboerdery lewer puik wyn

Wayne Gabb.

Wayne Gabb, die wingerdboukundige van die kuslandgoed Lomond Wines en ook die hoofbestuurder van dié eiendom van 800 ha, glo hy moet éérs meer organiese materiaal in die grond kry voordat hy aan die wingerde aandag gee.

 

‘Wynhoofstad’ skitter by toerisme-indaba

Annareth Bolton van die grootste en oudste wynroete in die land, Pietman Retief en Seranti Viljoen van die toerismekantoor.

Verskeie toerisme-rolspelers uit Stellenbosch is onlangs tydens INDABA vereer vir uitstaande dienslewering. INDABA word beskou as die toonvenster vir die Suid-Afrikaanse toerismebedryf en lok jaarliks duisende uitstallers, verteenwoordigers uit die toerismebedryf en plaaslike en internasionale reisagente en media.

 

Monis-muskadel is top rooi dessertwyn by Old Mutual Trofee-wynskou

Monis Vintage Muscadel 2001.

Die veelbekroonde Monis Vintage Muscadel 2001 het hom weer eens bewys as een van Suid-Afrika se voorste gefortifiseerde wyne deur die Trofee vir die Beste Gefortifiseerde Dessertwyn (rooi) by vanjaar se Old Mutual Trofee-wynskou in te palm.

 

‘Weskus-wynroete’ vertel meer van wonderlike wyngebied

Weskus-goud! En dan moet jy ook hul wyne proe!

Ou Willem Wikkelspies (William Shakespeare vir die oningeligtes!) het eendag gevra: Wat’s in ‘n naam? En toe verduidelik hy dat jy ‘n roos enigiets kan noem, maar ‘n roos gaan hy bly.

 

Nederburg beïndruk vooraanstaande kenner

Natalie MacLean.

Die vooraanstaande Kanadese wynresensent, bekroonde skrywer en sommelier, Natalie MacLean, wie se NatDecants-blog ’n wêreldwye gehoor het, prys twee Nederburg-wyne van die Winemaster’s Reserve-versameling, naamlik die Shiraz 2007 en die Sauvignon Blanc 2008 wat nou in Noord-Amerika aangebied word.

 

Two Oceans wen al meer monde!

Brad Gold en wynmaker Linley Schultz by Two Oceans.

’n Interessante verskynsel doen hom tans onder wynliefhebbers voor, sê Brad Gold, ’n Kaapse Wynmeester en ook Two Oceans se globale handelsmerkbestuurder. “Dit lyk asof die wêreldwye kredietkrisis mense met ’n sterk betrokkenheid by wyn bevry het van hul vooroordele oor wat ’n mens behoort te drink of nie. Two Oceans was nog altyd gewild, met ’n breë aanhang onder mense wat ’n ongekompliseerde maar heerlike glas wyn geniet, maar ons kom nou agter dat al meer ernstige wynliefhebbers ook Two Oceans drink.

 

Chenin blanc IS SA’s big white hope!

Chenin blanc, South Africa's big white hope, offers nose and palate pleasing aromas and flavours.

The definitive American wine publication, Wine Spectator, has officially crowned chenin blanc as South Africa's leading white variety. In an interview for the magazine's on-line video theatre, senior editor James Molesworth sings the praises of this varietal both for its diversity and value.

 

Nuwe Eikendal Chardonnay bied stylvolle sin vir balans

Eikendal Chardonnay.

Die erkende chardonnay-produsent, Eikendal, het die perfekte harmonie tussen twee individuele en heeltemal uiteenlopende wingerde vasgevang in sy 2008-oesjaar wat sopas die lig gesien het – ‘n volronde chardonnay met ‘n stylvolle sin vir balans.

 

Nederburg aangewys as top-presteerder, twee keer in een week!

Razvan Macici en die klinkklare bewys van Nederburg se sukses.

In dieselfde week dat Nederburg aangewys is as die suksesvolste produsent by die Ou Mutual Trofee-wynskou van 2009, het dié wynmakery ook uitstekend gevaar by die 2009 Syrah du Monde. Die wyn wat die hoogste telling in dié kompetisie in Ampuis, Frankryk, behaal het, is Nederburg se Private Bin R121 Shiraz 2006, spesiaal gemaak vir verkoop op die Nederburg-veiling.

 

Fleur du Cap wen met sy top wit versnit

ducap.JPG

Fleur du Cap het die trofee vir Suid-Afrika se Beste Wit Versnit (gehout) by vanjaar se Old Mutual Trophy-wynskou ingepalm met sy Fleur du Cap Unfiltered Viognier Chardonnay Sémillon Sauvignon Blanc Limited Release 2007. Dié besonderse wyn het ook 'n dubbelgoue medalje by die toonaangewende 2008- Veritas-toekennings verower waar Fleur du Cap ook geseëvier het as die top kelder in Suid-Afrika.

 

Sindikeer inhoud