Nuus/News

Wat gebeur op die wynfront/What is happening on the wine front.

Egte Suid-Afrikaanse goud van Klipdrift

Klipdrift Gold vir daai goue mondgevoel!

 

Klipdrift Gold, reeds ’n internasionale medaljewenner, het onlangs die meeste punte in sy kategorie verwerf en ’n silwer medalje ingepalm by die hoogs gerekende International Wine and Spirit Competition in London.

 

Hierdie luukse potketelbrandewyn word by Suid-Afrika se geliefde Klipdrift-distilleerdery op Robertson gemaak en sluit ’n verskeidenheid van uitmuntende potketelbrandewyne van tot 21 jaar in.

 

Skryf in vir jaarlikse Blaauwklippen-versnykompetisie

Blaauwklippen se versnykompetisie is weer om die draai.

 

Enige wynklub kan vir hierdie unieke kompetisie – wat reeds vir die afgelope 26 jaar plaasvind – inskryf. Dít maak hierdie kompetisie een van die oudste wynkompetisies in Suid-Afrika. Geen spesialis wynkennis is nodig nie, slegs lidmaatskap aan ? wynklub, asook ? smaak vir goeie wyn.

 

Simonsig Cuvée Royale skitter as beste Méthode Cap Classique

Simonsig Cuvée Royale 2003.JPG

Simonsig, die skepper van Suid-Afrika se eerste Méthode Cap Classique, het by die gesogte 2009 Santam Classic Wine-toekennings koning gekraai as die wenner van die Vonkelwyn-trofee vir sy vlagskip Cuvée Royale.

Nuusbrokkies uit die Kaap se wynlande

morgenster.01.JPG

Morgenster Wine and Olive Estate in the picturesque Helderberg ward of Stellenbosch launched its long awaited Morgenster 2005 Bordeaux blend recently. For only the second time in the 5 releases of this label, the blend comprises only 2 Bordeaux cultivars. The 2005 vintage is the 5th release of the Morgenster label and its 5th nomination for 5 stars. Garnering the long coveted 5 star John Platter award at last, is all the sweeter for the long wait!

Clos Malverne stel stylvolle, nuwe proesentrum en boetiek-gesondheidspa bekend

closmalverne.01.JPG

Clos Malverne is ‘n prentjiemooi wynlandgoed in die pragtige Devon-vallei aan die buitewyke van Stellenbosch. Wingerde omring die kelder en die pragtige herehuis van die eienaars, Seymour en Sophia Pritchard. Die berge aan die noordekant van die vallei is asemrowend mooi. Gretig om hierdie skoonheid en rustigheid met mense te deel, het die Pritchards ‘n stylvolle proesentrum met glasdeure en ‘n boetiek-gesondheidspa gebou wat hierdie manjifieke uitsigte deel.

 

Devon Crest – van weeskind tot klassieke Meinert-meesterstuk

devoncrest.01.JPG

 

Een ding is seker van Stellenbosch-wynmaker Martin Meinert se klassieke  Bordeaux-styl-rooiwynversnit, Devon Crest: sy voortdurende verandering. Na vele naam- en gedaanteverwisselings het hierdie eens weeskindwyn nou tot sy eie reg gekom as ‘n ware meesterstuk in die erkende Meinert-wynreeks.

 

Luxury SA wine brand honoured at home and abroad

vilafonte.01.JPG

The Vilafonté team is proud to announce the international release of their 2006 vintage wines. With the launch of this vintage, Vilafonté’s success continues to build as the luxury wine brand recently added a few new feathers to its cap.

 

 

Gety styg wêreldwyd vir Two Oceans

Brad Gold, Two Oceans se handelsmekbestuurder.

 

Die verkope van Two Oceans, een van Suid-Afrika se voorste wynhandelsmerke, groei ondanks die ekonomiese afswaai teen dubbelsyfers wêreldwyd terwyl dit ook sy aansien by invloedryke wynskrywers verhoog.

 

Southern Right wins the only gold for sauvignon blanc

wynnuus.08.JPG

 

At the 2009 Santam Classic Wine Trophy awards, Anthony Hamilton Russell’s Platter 4 ½ star 2008 Southern Right Sauvignon Blanc won the only gold medal awarded awarded to a sauvignon blanc. Only 5 gold medals were awarded to white wines.

 

 

Nederburg bloos pienk met nuwe cabernet rosé

wynnuus.09.JPG

 

Nederburg het sy eerste cabernet sauvignon rosé bekend gestel. Dit is ’n vars, elegante lekkerdrinkwyn met ’n fris, droë karakter, en word gemaak van druiwe van ’n koel area in Darling se omgewing. Die wyn, wat die eerste keer van die 2008-oes gemaak is, word onder die Winemaster’s Reserve-etiket in die plaaslike én internasionale sleutelmarkte verkoop om in die groeiende vraag na roséwyne te voorsien.

 

 

Sindikeer inhoud