Nuus/News

Wat gebeur op die wynfront/What is happening on the wine front.

Konferensie oor kos en wyn sal lig werp op Kaapse toerisme

Puik kos en uitmuntende wyn is maar net twee van die toerisme-aanbiedings waarop SA kan trots wees.

Die World Travel and Tourism Council (WTTC) het bereken dat die direkte bydrae van die reis- en toerismesektor tot die Suid-Afrikaanse ekonomie verlede jaar R127,9 biljoen beloop het, wat 3% van die land se BBP was.

Baleia Wines Erhard Pinot Noir 2014 doen familietradisie gestand

Baleia Wines se jongste Erhard Pinot Noir van die 2014-oesjaar.

In die jong wynstreek naby Vermaaklikheid langs die Kaapse Suidkus het die Joubert-familie van Baleia Wines hulself reeds as baanbrekers op die gebied van wynproduksie bewys.  Hul reeks Baleia-wyne spreek van gehalte en hul pioniersenergie en is die resultaat van passie, toewyding en hegte familiewaardes.

Alto stel jongste MPHS-versnit bekend

Alto se jongste keldertrots is elke sent werd!

Daar is min wynbekendstellings waarop mense so angstig wag as die nuwe MPHS-versnit van Alto, die rooiwyn-spesialislandgoed buite Stellenbosch. Die jongste Alto MPHS 2012 is slegs die tweede 50/50-versnit van dié gesogte wyn wat die lig sien.

Die MPHS-versnit van cabernet franc en cabernet sauvignon bring hulde aan die bekende landgoed se stigter-wynmakers wie se voorletters die naam uitmaak, naamlik Manie Malan, wie se pa so vroeg as die 1920s slegs rooi kultivars geplant het; Piet du Toit, wat die plaas in 1959 gekoop het; sy seun, Hempies, die bekende Springbok-rugbyspeler, wat in 1983 oorgeneem het; en Schalk van der Westhuizen, wat in 2000 by Alto aangesluit het.

De Krans se Tritonia White kry ook ’n ‘A’ by Robert Parker

'n Ware keldertrots!

Die hoogs gerespekteerde wynskrywer, Neal Martin, een van die bekende Robert Parker se “wyn-advokate”, het pas die De Krans Tritonia White 2015 vereer met ‘n telling van 90 uit ’n moontlike 100 punte in sy South African Report wat verlede week gepubliseer is. Volgens Boets Nel, besturende direkteur van De Krans buite Calitzdorp in die Klein Karoo, is dit waarskynlik die eerste witwyn uit hierdie wynstreek wat ’n telling van 90 of meer punte in die Robert Parker-publikasie ontvang het.

Nederburg, die 36ste mees gerespekteerde wynhandelsmerk ter wêreld

Nederburg, nog bewys dat die SA wynbedryf "tops" is!

Nederburg is die enigste Suid-Afrikaanse wynmakery wat op vanjaar se top 50-lys verskyn in die gesaghebbende Drinks International se “World’s Most Admired Wine Brands”. Die kelder beklee die 36ste plek nadat dit verlede jaar 49ste was, die eerste keer dat hierdie Paarlse wynmakery op hierdie gesogte lys ingesluit is.

Avondale showcases its unique terroir with release of long-awaited Samsara 2009

Samsara 2009. From Avondale.

Crafted from 13 unique parcels of vineyard, the release of Avondale’s Samsara 2009 marks yet another milestone on the remarkable biodynamic journey of this family-owned property near Paarl in the Cape winelands.

Boplaas is weer eens …, wel, bo, héélbo!

Skitterend ... weer eens!

Wanneer mens die naam Boplaas in ’n artikel sien, verwag jy om te lees van nóg ’n prestasie deur een van hierdie bekende en bekroonde wynmakery naby Calitzdorp in die Klein Karoo se dessert- en tafelwyne. Wel, dis weer sulke tyd!

Nuwe De Grendel-wyn bring hulde aan ’n baanbreker

Huldig 'n groot seun van Suid-Afrika!

Van arm plaasseun op Villiersdorp tot die Eerste Baronet van Kaapstad, dit is die verhaal van Sir David Graaff (1859 – 1931), ’n ikoniese figuur wat ’n belangrike rol gespeel het in Kaapstad se burgerlike, ekonomiese en landbou-landskap. Nou bring De Grendel hulde aan sy merkwaardige lewe met ’n nuwe vlagskip-rooiwyn.

Elkeen van die 3 344 genommerde bottels Sir David Graaff First Baronet of Cape Town 2013 word gekenmerk deur die gehalte wat sy hoë standaarde weerspieël.

NUIBA: The story of a blonde, a few barrels and the beautiful bounty of the vine

The unique NUIBA label.

Have you heard the one about the blonde winemaker? No, this one’s no joke because winemaking is serious business, very serious, and requires knowledge, experience, passion and commitment. Not to say there aren’t many jokes and anecdotes about wine because there are, but this is a story about a blonde and her journey into wine.

Kaapse Wynmakersgilde se protégés sit eerste wyne in vate

Maryna Huysamen, Sydney Mello, Andre Kotze en Banele Vakele.

Die uiteenlopende persoonlikhede en unieke belangstellings van drie protégés van die Kaapse Wynmakergilde word weerspieël in hul heel eerste wyne wat nou veilig in vate deurbring na die 2017-oes.

Sindikeer inhoud