Nuus/News

Wat gebeur op die wynfront/What is happening on the wine front.

Nuy Muskadel – die tradisie en erfenis leef voort!

'n MOET vir enige wynliefhebber!

Erfenis word soms op die vreemdste plekke gevind – in die plaashuis op die bult, die standbeeld in die middedorp, die kos wat ons eet of die wyn wat ons drink. En sonder tradisie sal wyn bittermin stories hê om te vertel, indien enige.

Ayama Vermentino: Unieke wyn op unieke wyse bekend gestel

'n Unieke wyn!

Ayama het reeds ’n bekende handelsmerk op die Suid-Afrikaanse wyntoneel geword. Die Italiaanse paartjie wat 14 jaar gelede op die Wes-Kaap verlief geraak en hulle naby die Paarl kom vestig en die handelsmerk geskep het, Attilio en Michela Dalpiaz, het die Ayama-naam met veral pinotage en chenin blanc gevestig.

Jason’s Hill introduces its 2013 Shiraz … for the lovers of wine!

Turn your winter days (and evenings) into something special!

Winter is here and what better way to brave the icy weather than with a glass of red wine next to a cosy fireplace, or at the dinner table enjoying a hearty meal. Look no further than the Jason’s Hill Shiraz 2013 for the ideal winter wine companion.

Lanzerac se Mrs English Chardonnay 2016 huldig landgoed se ryke erfenis

Die 2016-oesjaar van hierdie uitmuntende wyn het pas die lig gesien.

Die Lanzerac Mrs English Chardonnay 2016, wat deel uitmaak van hierdie bekende Stellenbosse landgoed se Heritage-wynreeks, is ’n ware weerspieëling van die elegansie en sofistikasie van Elizabeth Katherina English na wie dit vernoem is. Mev. English, wat die eiendom in 1914 vir £18 000 aangeskaf het, het na bewering die eerste wyn gebotteleer van druiwe wat op die plaas geplant is.

Boplaas Cape Tawny wen ‘Beste Port in SA’ vir 4de keer in 5 jaar!

Jeanne, Carel en Margeaux Nel het baie rede om so breed te glimlag!

Die Boplaas Cape Tawny, ’n keldermeerstersversnit van die heel beste vate Cape Tawny port, het die Kaapse Portprodusente vereniging (CAPPA) se Trofee vir die “Beste Port in Suid-Afrika” gewen, die vierde keer in vyf jaar, asook die goue medalje vir “beste in klas”. Boplaas het ook “beste in klas” met sy Cape Ruby gewen, sowel as “beste in klas” in die Museum-klas (10 jaar en ouer) met die Boplaas Cape Vintage Reserve 2006. En nog was dit het einde niet want hierdie bekroonde wynmakery het ook goud los geslaan in die Cape Vintage-klas met sy Cape Vintage Reserve 2013.

Boplaas weer eens bevestig as SA se kampioen-portprodusent

kampioen.jpg

As jy al portwyn in die Douro-vallei in Portugal gedrink het - waar hierdie veelsydige, gefortifiseerde wyn sy oorsprong het – en dié uit Suid-Afrika se vernaamste portproduserende kelders, sal jy weet dat die plaaslike produkte geen tree hoef terug te staan vir Portugese portwyne nie. Inteendeel!

En van Suid-Afrika se heel beste portwyne kom uit die Klein Karoo. Onlangse kompetisies het weer eens Boplaas Familie Wingerde buite Calitzdorp se posisie as dié spesialisprodusent van tafelwyne van Portugese kultivars, bekend as Cape Portuguese, en portwyne, bekend as Cape Port, bevestig.

Op soek na Suid-Afrika se heel beste jongwyne

Wie gaan vanjaar se wenners wees?

Dis weer tyd om die kollig te laat val op die land se beste jongwyne. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou Vereniging (SANWSV) nooi alle wynmakers uit om hul keldertrotse van die 2017-oes in te skryf vir die Suid-Afrikaanse Jongwynskou. Inskrywings sluit op 27 Junie by die streke se wynskou-verenigings en op 6 Julie by die SANWSV-kantoor.

In praise of fine ‘old’ pinotage: Museum Class introduced to ABSA Top 10 Competition

Drink to South Africa's heritage!

The Pinotage Association’s 2017 ABSA Top 10 competition will see a brand new class. The organisers have encouraged the submission of not only South Africa’s finest current and imminent releases, but also those that have stood the test of time. The new Museum Class is for pinotage wines that are at least 10 years old and of which the producers still have at least 60 bottles (45 litres) in stock.

Anthonij Rupert Wyne launches SA’s first premium rosé

The Jean Roi Cap Provincial Rosé 2016 from ARW.

Anthonij Rupert Wyne has introduced another first for South Africa, a premium Provençal style rosé that pays homage to Jean Roi, the French Huguenot from Provence who pioneered the L’Ormarins Wine Estate’s 300-year-old viticultural history.

Eerste wingerdboukunde-protégé van Kaapse Wynmakersgilde skop loopbaan af

Logan Jooste in sy nuwe "kantoor".

Die eerste kandidaat om die protégé-program vir wingerdboukundes van die Kaapse Wynmakersgilde te voltooi, maak sy debuut in die wynbedryf met ‘n voltydse pos as wingerdboukundige by Bartinney Wine Estate buite Stellenbosch.

Logan Jooste het gedurende sy internskap van 2 ½ jaar sy vaardighede verskerp onder leiding van drie lede van die gilde, Louis Strydom by Ernie Els Vineyards, Charles Hopkins by De Grendel Wines en Pieter Ferreira by Graham Beck Wines.

Sindikeer inhoud